JSE skort verhandeling van Trustco-aandele op

Die Johannesburg-aandelebeurs het volgens wat berig word, alle handel in aandele van Trustco Group Holdings op die beurs opgeskort. Die nuus kom kort na die Bank van Namibië ‘n nuwe aansoek by die Windhoekse hoërhof ingedien dat Trustco Bank gelikwideer word. Kosmos 94.1 Nuus het gepoog om kontak met Trustco in die hoofstad te maak maar senior bestuur van die maatskappy is tans nie beskikbaar nie.