Eier-produsente vergader met ministerie oor storting

Eier-produsente het met die ministerie vergader oor die storting van goedkoop eiers uit veral Zambië. Talle produsente sit met duisende eiers in voorraad wat hulle nie verkoop kan kry nie. Daar is ook weinig opsies vir hulle omdat ‘n storting ondersoek deur SACU-strukture jare kan duur. Eiers en suiwelprodukte geniet nie die beskerming wat byvoorbeeld pluimvee geniet nie. Rene Wentscher van Wentscher Eiers op Okahandja het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.