Jozi-burgemeester word siek tydens stadsrede-debat

Die burgemeester van Johannesburg, Kabelo Gwamanda, ontvang tans mediese behandeling nadat hy tydens die debat oor die stadsrede siek geword het. Hoewel hy sedert Dinsdag olik is, het hy ondanks mediese raad om dit nie te doen nie, wel die debat bygewoon omdat dit belangrik is. Woordvoerder, Mlimandlela Ndamase, het bevestig hy word tans deur sy mediese span behandel.