Jongste Unam-student ooit, 14, vang sy graad

Brave Chibaka het opslae gemaak toe hy op 14 toegelaat is om siviele ingenieurswese te studeer. Brave het pas graad gevang en is reeds terug in sy geboorteland van Malawi. Hy het met sy toelating in 2016 gesê hy wil in sy pa, ook ‘n ingenieur, se voetspore volg. Een van sy dosente, Petrina Kahwadi, die Dekaan van die Fakulteit van Ingenieurswese by die Noorde kampus van Unam, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en gesê Brave bewys enigiets is moontlik.