Jongste studie toon Sinopharm is nie doeltreffend teen Delta nie

Reuters berig dat die Sinopharm Covid-19 entstof minder doeltreffend is teen die Delta-variant as wat dit is teen Beta. Die jongste navorsing toon dat die entstof 1,38 keer minder teenliggaampies vorm teen Delta as wat dit teen die oorspronklike Covid-19 virus toegelaat het en dat dit tien keer minder teenliggaampies toelaat as wat dit teen die Beta-variant getoon het. Die studie is gelei deur Oxford-universiteit saam met verskeie wetenskaplikes in Sri Lanka. Sinopharm word op die oomblik plaaslik gebruik.