Jongste oor nuwe bek- en klouseer

Die direkteur van veeartseny dienste in die ministerie van landbou se betrokke direktoraat Dr Albertina Shilongo het meer inligting bekend gemaak oor die uitbreking van bek- en klouseer in die Zambezi-streek. Die ministerie sê ‘n 30 kilometer gebied om die Kasenu nedersettings is ingeperk en alle vervoer permitte is opgeskort. Shilongo het die jongste aan Kosmos 94.1 Nuus deurgegee.