Jongste oor die bek-en-klouseer in KwaZulu-Natal

Die Rooivleisraad van Suid-Afrika het die verkleining van die gebied met beperkings weens bek-en-klouseer in KwaZulu-Natal, verwelkom. Die minister van Landbou, Thoko Didiza, het die hersiene gebied aangekondig nadat daar vasgestel is die siekte is nou tot net twee gebiede in die provinsie beperk. Daar was eers 29 gebiede in KwaZulu-Natal waar die verskuiwing van beeste verbied is. Streng beheer geld steeds vir die munisipaliteite van Nongoma, Mtubatuba, Mfolozi en Hluhluwe.