Jongste oor Covid-gevalle

Die Namibiese Ministerie van Gesondheid het bekendgemaak dat daar 204 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig is. Windhoek het 40,Walvisbaai 38, Grootfontein 25, Rundu 23, en Otjiwarongo 18. Die res is landwyd versprei. Die aantal sterftes staan op 570, met 1 306 aktiewe gevalle, 43 640 wat herstel het uit ‘n kumulatiewe totaal van 45 527.