Dit skarrel om van Trump se hofsake af te handel
Amptenare van die Amerikaanse justisie-departement het volgens berigte begin beoordeel hoe om twee federale sake teen verkose president Donald Trump af te handel voor hy in Januarie ingehuldig word. Die sake, wat aanhangig gemaak is deur die spesiale raadgewer Jack Smith, handel oor Trump se pogings om sy verkiesingsnederlaag teen Joe Biden in 2020 om […]
Bottas, Zhou verlaat Sauber
Motorsport: Die renjaers Valtteri Bottas van Finland en Zhou Guanyu van China verlaat die Formule Een-span Sauber die einde van die seisoen. Hulle was drie jaar saam. Die twee het dié seisoen gesukkel en geen punte aangeteken in 21 wedrenne nie. Sauber het bevestig dat die Formule Twee-kampioenskapsvoorloper, Gabriel Bortoleto, volgende seisoen by die span […]
Kalimbeza wag steeds vir N$8m wat in Maart belowe is
Die Kalimbeza-rysprojek sukkel steeds, dit na daar op Onafhanklikheidsdag 8 miljoen Namibiese dollar aan die projek bewillig is deur president Nangolo Mbumba. Die projekbestuurder Patrick Kompeli sê daar is nie genoeg geld om toerusting te koop nie en dat daardie fondse hulle nog nie bereik het nie. Volgens Kompeli is dit geld steeds by die […]
DA eis taakspan oor voedselvergiftiging
Die DA in Gauteng doen ʼn beroep op premier Panyaza Lesufi om ʼn multidissiplinêre taakspan aan te stel om die vergiftiging van kinders te ondersoek. Die afgelope paar maande was daar ʼn skerp toename in gevalle waar kinders voedselvergiftiging opgedoen het nadat hulle kos geëet het wat by spazawinkels gekoop is. Twaalf kinders in die […]
Scholz moet onmiddellik wantroue-stem hou
Duitsland se opposisie-konserwatiewes sê kanselier Olaf Scholz moet onmiddellik ‘n wantroue-stem hou en dan verkiesings in Januarie hou. Dit kom nadat Scholz se drieparty-koalisie ineengestort het en die land in politieke chaos gedompel het. Scholz het sy finansminister Christian Lindner afgedank as gevolg van beleidsgeskille. Scholz, van die sentrum-linkse Sosiaal-Demokrate sê hy het hom afgedank […]
VN-fopkonferensie in hoofstad suksesvol afgehandel
Die pas afgelope 12de VN-konferensie vir skoolkinders was ‘n groot sukses. Die fopkonferensie word aangebied om vaardighede onder leerders se vaardighede te ontwikkel en debat vermoë te verbreed. Een van die koördineerders, Naomi Boys projekbestuurder by die Britse Hoë Kommissariaat, het meer.
Yaleen gevind, met haar ma herenig
Die negejarige meisie wat deur haar pa uit Suid-Afrika na bewering ontvoer en na Namibië gebring is, Yaleen Rachel Mare, is met haar ma herenig nadat sy Woensdag in Opuwo, in Kunene gevind is. Dit is bevestig deur die senior privaatspeurder en ondersoeker van Namibia Investigation Services, Michael Nieuwoudt. Volgens berigte het die pa, Jacob […]
So het voedselpryse gestyg
Inflasie het verder gedaal na 3 persent in Oktober maar voedselpryse het steeds, op ‘n jaargrondslag, gestyg. Vrugte is nou 16,3 persent duurder met koffie en tee wat met 9,6 persent op is. Suiker-produkte is 6,8 persent duurder en vleis 5,9 persent. Groente jaag jou 5,5 persent meer uit die sak en olies en vette, […]
Voer van Angola moet 30 dae in kwarantyn wees
Die landbouministerie het gereageer op berigte van ‘n Otjozondjupa-boer wat sê 17 skaap is in nege dae vrek omdat owerhede weier dat hy voer vanaf Angola invoer. Die betrokke boer sê voer vanuit Suid-Afrika is uiters duur en daarom die skuif na Angola. Dr. Johannes Shoopala, die waarnemende hoof-veeartsenybeampte sê daar Angola is ‘n bek-en-klouseer […]
Trump is nie goeie nuus vir Afrika nie
‘n Ekonoom van die Stellenbosch Bestuurskool, Andre Roux, sê die Amerikaanse verkose president, Donald Trump, se oorwinning kan ‘n negatiewe uitwerking op die ekonomie van Suid-Afrika en Afrika hê. Roux waarsku Trump se beleide, wat handel met ander lande beperk, insluitend tariewe op invoer, kan die handelsverhoudinge benadeel, veral ingevolge Agoa in Afrika. Hy het […]