Blokkering van kragmeters vir skuld: ECB se hande afgekap met hofsaak
Die Elektrisiteitsbeheerraad se beleid sê dat verspreiders van krag, soos munisipaliteite en streeksentiteite, nie kragmeters mag blokkeer vir uitstaande munisipale skuld nie. Maar, die beleid word tans in die hof uitgedaag en dus, kan die raad geen ondersoeke instel in die verband voor die hofsaak nie verby is nie. Die raad sê hy ontvang klagtes […]
Mariental se verliese styg tot amper N$30m
Die ouditeur-generaal sê die Mariental-munisipaliteit se tekort het met 18 miljoen Namibiese dollar gegroei en staan in 2023 op amper 30 miljoen Namibiese dollar. Die munisipaliteit se boeke is geoudit vir die 2022-23 boekjaar. Intussen het uitgawes die hoogtes in gestyg en staan op 134,4 miljoen dollar teenoor 106,36 miljoen dollar in 2022. Kandjeke het […]
Ongwediva ontwikkel goed, ontspanningspark word gebou
Die Ongwediva-dorpsraad bou ‘n ontspanningspark van 1,5 miljoen Namibiese dollar, met fase een van die konstruksie wat Maandag sal begin. Up-Mark Investment CC het die tender gekry en die park sal na verwagting teen die eerste week van Maart volgende jaar voltooi wees. Tydens die sooispit seremonie het Ongwediva-burgemeester Taarah Shanyefu beklemtoon dat die park […]
BOSA sê Eskom-verhogings sal beleggers ontmoedig
Build One South Africa sê Eskom se voorgestelde tariefverhoging sal verdere ekonomiese druk op Suid-Afrikaners plaas en veral lae-inkomstehuishoudings, klein sakeondernemings en landelike gebiede raak. Eskom versoek toelaatbare inkomste van 446 miljard Suid-Afrikaanse rand vir 2025/2026, 495 miljard rand vir 2026/2027, en 537 miljard rand vir 2027/2028. BOSA sê hoër elektrisiteitskoste gaan winsgrense verklein, beleggers […]
Powell sê hy sal nie bedank nie
Met die verkiesing van Donald Trump as Amerikaanse president is die voorsitter van die Federale Reserweraad Jerome Powell in die nuus. Hy en Trump het baie koppe gestamp tydens Trump se presidensie. Powell het die amp in Februarie 2018 opgeneem en is weer op 23 Mei 2022 ingesweer vir ‘n tweede termyn as voorsitter wat […]
Groenlig vir Star Wars-trilogie
Die skrywer-vervaardiger, Simon Kinberg het ‘n ooreenkoms met Lucasfilm gesluit om die draaiboeke vir drie Star Wars-rolprente te skryf en te vervaardig. Kinberg is die medeskepper van die geanimeerde reeks Star Wars: Rebels saam met Dave Filoni en Carrie Beck. Die Emmy-benoemde reeks is oor vier seisoene van 2014 tot 2018 vertoon. Kinberg is veral […]
Dennis Noa vrygespreek na appèl
Die voormalige leerlingdokter Dennis Noa, wat vroeër vanjaar skuldig bevind is aan verkragting, is vrygespreek ná ‘n suksesvolle appèl in die Windhoekse hoërhof. Regters Herman January en Philanda Christiaan het vanoggend Noa se skuldigbevinding omgekeer. Die 29-jarige is aanvanklik in Februarie tot agt jaar tronkstraf gevonnis, ‘n maand nadat die Windhoek-streekhof hom skuldig bevind het […]
Gedragskode vir arbeidsinspekteurs
Die arbeidsministerie het Goeie Praktykskode vir arbeidsinspekteurs ingestel, wat standaarde en etiese riglyne daarstel om hul gedrag te reguleer. Effektief vanaf 23 Oktober en reeds in die Staatskoerant gepubliseer, dien die kode as ‘n operasionele handleiding vir arbeidsinspekteurs wat kragtens die Arbeidswet van 2007 aangestel is. Hulle is verantwoordelik vir die toepassing van wette oor […]
Mashatile, nie Ramaphosa nie, woon Duma Boko se inhuldiging by
Terwyl die inhuldiging van die Hosea Kutako Museum en Gedenkheiligdom by Taosis in die Aminius-kiesafdeling in die Omaheke-streek uitgestel is omdat president Nangolo Mbumba na Botswana gereis het vir die inhuldiging van Botswana se nuwe president, Duma Boko, sê die buurland se regering die adjunkpresident Paul Mashatile sal dit vandag bywoon. Boko, wat hoof van […]
Krejcikova behaal halfeindronde in Riaad
Die Wimbledon-kampioen van Tsjeggië, Barbora Krejcikova, het die Amerikaner Coco Gauff geklop en deurgedring na die halfeindronde van die WTA-jaareindtoernooi in Riaad, Saoedi-Arabië. Haar sege beteken die verdedigende kampioen, Iga Swiatek, is uitgeskakel al het sy die Rus, Daria Kasatkina, in haar laaste groepwedstryd verpletter. Krejcikova kom in die laaste vier teen Qinwen Zheng van […]