Motors brand in antisemitiese voorval in Sydney
Twee motors is in Sydney aan die brand gesteek en die voormalige huis van ‘n Joodse gemeenskapsleier, Alex Ryvchin, opsetlik beskadig in die jongste antisemitiese voorval in Australië. Owerhede het beloof om die oortreders op te spoor. Ryvchin het die regering herhaaldelik versoek om aandag te skenk aan aanvalle op Joodse gemeenskapslede, wat opgevlam het […]
Sabalenka wen taai stryd, deur na vierde ronde
Tennis: Die verdedigende vrouekampioen, Aryna Sabalenka het deurgedring na die vierde ronde van die Australiese Ope en sit haar poging voort vir ‘n derde agtereenvolgende titel op Melbourne Park. Die 26-jarige Belarus het die 42ste op die wêreldranglys, Clara Tauson van Denemarke, geklop. Die 11de-gekeurde Paula Badosa van Spanje het Marta Kostyuk van Oekraïne verslaan. […]
Meatco stel waarnemende HUB aan, in stryd met kabinetsvoorskrif
Meatco se direksie het aangekondig dat die maatskappy se uitvoerende hoof vir veeverkryging en -produksie, Patrick Liebenberg, op 1 Februarie as waarnemende uitvoerende hoof aangestel sal word. Dit sal duur vir ses maande, of totdat ‘n nuwe substantiewe uitvoerende hoof aangestel is. Meatco se huidige uitvoerende hoof, Mwilima Mushokabanji, se kontrak eindig op 31 Januarie. […]
FNB Namibië is top-werkgewer in Afrika
FNB Namibië is deur die Top Employers Institute as Top Werkgewer in Namibië en Afrika vir 2025 bekroon. Hierdie gesogte toekenning beklemtoon die maatskappy se verbintenis tot werknemerswelstand, groei, diversiteit, uitsonderlike werksomgewing en ontwikkeling. Dit het ook ‘n sterk organisasiekultuur wat insluiting en innovasie prioritiseer. Isdor Angula, hoofmensekapitaalbeampte van FirstRand Namibië, deel meer insig oor […]
Kaapstad gaan groot met nuwe bus-infrastruktuur
Die burgemeester van Kaapstad Geordin Hill-Lewis sê die toonaangewende MyCiTi-infrastruktuuruitbreiding reg oor die suid-oostelike deel van die metro sal vanjaar aansienlik spoed optel. Hy het Donderdag die Kuyasa MyCiTi-stasie in Khayelitsha besoek om die herstel- en opgraderingswerk te inspekteer nadat dit voorheen heeltemal gestroop en vernietig is deur diefstal. Hill-Lewis sê die metro se suid-oostelike […]
Osaka onttrek van Aussie Ope weens besering
Tennis: Die tweemalige Australiese Ope-kampioen, Naomi Osaka, moes weens ‘n besering onttrek aan haar derde ronde-wedstryd teen Belinda Bencic in Melbourne. Osaka het behandeling vir haar maag ontvang terwyl sy 6-5 voor was in die eerste stel, en het uiteindelik in die valbylpot teen die Switser verloor voor sy die baan verlaat het. Osaka moes […]
Woef en Kiets wag vir jou by die BDV
Die Dierebeskermingsvereniging het ‘n goeie 2024 gehad en herinner die publiek daaraan dat hulle lede kan word vir net 365 Namibiese dollar per jaar. Dit is gelykstaande aan slegs een dollar per dag, wat ‘n groot verskil kan maak vir diere in nood. Die organisasie het ook gedurende die vakansie 344 diere geborg, danksy hulle […]
Plaaswerkers se minimum N$10 per uur ‘nie ‘n probleem’
Die arbeidministerie het die landbousektor se aansoek om vrystelling van die nasionale minimumloon van 18 Namibiese dollar per uur nie goedgekeur nie. Die sektor kan wel die minimumloon oor drie jaar infasseer. Plaaswerkers moet nou minstens 10 dollar ‘n uur ontvang, teenoor die vorige 6 dollar per uur, terwyl voordele soos behuising, water, krag en […]
Onderwys vorder nie, want meeste geld gaan aan salarisse
Die Wêreldbank het sy aanslag van Namibië in sy landvennootskapraamwerk vir die jare 2025-2029 vrygestel. In die verslag sê die bank dat Namibië nie genoeg in onderwys belê nie. Ten spyte daarvan dat onderwys altyd een van die hoogste begrotingstoekennings ontvang, is dit steeds nie doeltreffend nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die plaaslike […]
Geen klagtes by Guinas-tussenverkiesing
Die Verkiesingskommissie van Namibië se verkiesingskommissaris, Pius Iikwambi, berig dat die tussenverkiesing in die Guinas-kiesafdeling vlot verloop. Die tussenverkiesing is genoodsaak deur die dood van oudraadslid Elias Martinus op 21 Oktober verlede jaar. Twee kandidate uit dieselfde familie ding mee, Swapo se Moses Khumub en die LPM se Fransiscus Khumub. Stemlokale sluit om 7-uur en […]