Rassie wys Eben aan as kaptein teen Skotland
Rugby: Die Springbok-losvoorspeler Kwagga Smith speel Sondag sy 50ste toets wanneer die Springbokke Skotland op Murrayfield aandurf. Die slotte Franco Mostert en RG Snyman keer terug ná ‘n lang afwesigheid weens beserings. Afrigter Rassie Erasmus het Eben Etzebeth as kaptein aangewys met Siya Kolisi wat op die bank begin. Daar is sewe voorspelers en een […]
So kan jong kiesers ingeligte verkiesingskeuses maak
Namate Namibië se verkiesings nader kom, is baie jong kiesers verskeur tussen groepsdruk en hul eie keuse. Terwyl groepinvloed hul stem kan laat swaai, dryf die begeerte na opregte verteenwoordiging hulle om kandidate krities te wil beoordeel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Nangula Mbako, ‘n Swapo-jeugaktivis, wat raad het vir jong kiesers oor […]
Sokker se MTC Maris-beker bied N$1,5 miljoen prysgeld
Die MTC-filiaal Windhoek General Administrators het die MTC Maris-beker geloods, ‘n baanbrekende sokkertoernooi met die grootste prys in Namibiese geskiedenis. Die kompetisie sal bestaan uit die 16 klubs in die Debmarine Premierliga, wat sake sal uitspook vir ‘n rekord 1,5 miljoen Namibiese dollar wenbedrag. Die MTC Maris-beker skop af op 25 Januarie met die ronde […]
Regering ‘moet meer deursigtig wees oor uitgawes’
Om sy begrotingsverpligtinge vir die 2024–2025-boekjaar na te kom, beoog die regering om tussen vandeesmaand en Maart volgende jaar 4,6 miljard Namibiese dollar te leen. Dit is volgens ‘n regeringsleningstrategieplan deur die Bank van Namibië en die finansministerie. Dit sal help om die opgedateerde begrotingstekort aan te spreek, aangesien totale staatsbesteding na verwagting 106,1 miljard […]
Bouwerk begin aan 20MW sonkragaanleg by Otjiwarongo
Bouwerk het begin aan ‘n 20 megawatt sonkragaanleg by Otjiwarongo, ten volle besit deur Solarcentury Africa. Dit sal die eerste volledig handelaar-onafhanklike kragprodusent in Suider-Afrika wees. Al 51 Gigawatt-uur se jaarlikse uitset sal in die Suider-Afrikaanse Kragpoel verkoop word, ‘n netwerk van Suider-Afrikaanse elektrisiteitsmaatskappye. Die Namibiese kontrakteur Alensy Energy Solutions bou die aanleg, en ingebruikneming […]
Hoër krag-, watertariewe dryf inflasie in behuising-kategorie
In Oktober het die kategorie behuising, water, elektrisiteit, gas en ander brandstof ‘n inflasiekoers van 4,4 persent op ‘n jaargrondslag geregistreer, ‘n toename vanaf 3,3 persent in Oktober verlede jaar. Die styging is grootliks gedryf deur verhoogde elektrisiteit- en watertariewe. Stad Windhoek se raad het ‘n verhoging van 5 persent in water-, tariewe en belastings, […]
Jag van droogtehulp-wild ‘vorder uitstekend’
Namibië is besig om meer as 723 stuks wild uit te dun, insluitend 83 olifante, om vleis te voorsien aan diegene wat deur ernstige droogte geraak word. Die omgewingministerie beheer die jag in parke en gemeenskaplike gebiede waar weiding en waterbronne beperk is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Romeo Muyunda, die ministerie se woordvoerder, […]
Namibiërs oorheers NWRse feesseisoen-besprekings
Namibia Wildlife Resorts se statistieke toon ‘n aansienlike toename in besprekings deur Namibiërs vir die 2024-feesseisoen, wat ‘n groter belangstelling uitwys van mense om hul eie land te verken. Ontleding dui aan dat Namibiërs besprekings vir Desember 2024 en Januarie 2025 oorheers, ‘n tendens wat ondersteun word deur NWR se inisiatiewe soos die Namibiese Leisure […]
Dienste-inflasie bly hardnekkig hoog
Dienste-inflasie, veral in behuising, nutsdienste en gesondheidsorg, byt hardnekkig vas. Behuising en nutsdienste het in Oktober tot 3,8 persent op ‘n jaargrondslag toegeneem vanaf 3,2 persent in September, hoofsaaklik gedryf deur stygende elektrisiteit- en watertariewe. Gesondheidsorgkoste het ‘n 3,7 persent styging op ‘n jaargrondslag bereik, of ‘n 0,4 persent toename vanaf die derde kwartaal vanjaar. […]
Cosatu verwelkom tabakprodukte-wetsontwerp
Cosatu verwelkom die indiening van die Wetsontwerp op Tabakprodukte en Beheer oor Elektroniese Leweringstelsels by die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad, Nedlac. Dit volg na toenemende druk van die sakesektor, arbeid en verskeie partye in die regering van nasionale eenheid. Matthew Parks van Cosatu sê dit is ‘n belangrike wetsontwerp om die regering se vermoë […]