Kommer oor of Trump Biden se entstof-beloftes aan Afrika sal hou

Die Afrika-sentrums vir Siektebeheer en -voorkoming vra die verkose Amerikaanse president, Donald Trump, om entstof- en finansieringsbeloftes te eerbiedig wat sy voorganger, Joe Biden, gemaak het. Biden het in September ‘n miljoen dosisse teen M-pokke beloof om die vasteland se reaksie teen die voortgesette uitbreking te ondersteun. Direkteur John Kaseya sê die beskikbaarstelling van beloofde […]

Read More

EU skenk N$3,8m se droogtehulp

Die Europese Unie het 3,8 miljoen Namibiese dollar vir droogtehulp geskenk. Dit sal sowat 140 000 Namibiërs bystaan. President Nangolo Mbumba het in Mei vanjaar ‘n noodtoestand afgekondig. Die Namibiese Rooi Kruisvereniging is in beheer van die verspreiding van die hulp geplaas vanweë sy gemeenskapsbande en suksesvolle rekord in die streke wat die meeste deur […]

Read More

Geweld duur voort in Mosambiek, 30 dood

Human Rights Watch sê minstens 30 mense is in geweld in Mosambiek dood na bykans drie weke van betogings oor ‘n omstrede presidentsverkiesing. Dit sluit nie Donderdag se geweld in nie toe polisie en soldate duisende betogers in die hoofstad, Maputo, uiteengejaag het. Die Suider-Afrikaanse land word deur geweld geteister sedert die Frelimo-party, wat bykans […]

Read More

VSA kla Iranse man vir sluipmoord-komplot op Trump

Amerikaanse owerhede het ‘n Iranse man aangekla in verband met ‘n beweerde komplot wat deur Iran beveel is om Donald Trump te vermoor. Volgens berigte het Farhad Shakeri wetstoepassers ingelig “dat hy op 7 Oktober 2024 die taak gehad het om ‘n plan te ontwikkel om Trump te vermoor. Die 51-jarige sê dat hy as […]

Read More

Copps 94.1: Henties-inwoners is stroopsoet

Dit wil voorkom asof inwoners van Hentiesbaai hulleself by goed gedra. Die Copps 94.1-span het patrollie by die kusdorp uitgevoer en alles was in orde. Francois Lottering het meer.

Read More

Von Bach vat water!

Die Von Bachdam is besig om ‘n klein invloei van water te kry na reënbuie in sy opvangsgebied. Reënwater vloei tans teen sowat 4,1 kubieke meter per sekonde die dam binne. Volgens NamWater se dambulletin was die dam Maandag 9,8 persent vol en vanoggend om 8-uur het hy op 10,1 persent gestaan. Volgens NamWater het […]

Read More

Herinnering-trilogie oor volksmoord sluit af

“A Trilogy to Remembrance, Part III: Shaping a Brighter Future” is afgesluit in ‘n paneelbespreking wat die volksmoord en versoening herdenk het. Die trilogie het gekyk na die bewusmaking en opvoeding van die jeug oor die OvaHerero- en Nama-volksmoord van 1904 tot 1908. Die trilogie het geëindig met die bekendstelling van die boek “An Unresolved […]

Read More

US baan weg vir mensagtige robots

Die Universiteit Stellenbosch se Departement van Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese het ‘n hipermoderne navorsingsplatform bekend gestel wat die weg baan vir mensagtige robots. Doktor William Duckitt van die universiteit sê die baanbrekerplatform stel gevorderde robotika-tegnologie ten toon en demonstreer die krag van inter-dissiplinêre samewerking in ingenieurswese. Hy voeg by die mensagtige robot staan ten volle […]

Read More

Ierland mik na oorwinning oor All Blacks

Rugby: Ierland se hoofafrigter, Andy Farrell, sê toetse teen die All Blacks is altyd ekstra spesiaal en vanaand se kragmeting in Dublin gaan nie oor wraak vir verlede jaar se nederlaag teen Nieu-Seeland in die kwarteindronde van die Wêreldbekertoernooi nie. Hy beskryf die Kiwis as een van die beste spanne in die wêreld en sê […]

Read More

Privaatsektor moet help in skole: Erongo-goewerneur

Neville Andre, goewerneur van die Erongo-streek, het die kritieke rol van rekenaartegnologie in skole beklemtoon en inligtingstegnologie ‘n poort na kennis, kreatiwiteit en innovasie genoem. Hy het gepraat by die inwyding van ‘n nuwe rekenaarklaskamer en grensmuur van 610 000 Namibiese dollar by Matutura Sekondêre Skool in Swakopmund, geskenk deur Swakop Uraan. Andre het beklemtoon […]

Read More