Trump maak skoonskip met 312
Donald Trump het Arizona en Nevada gewen en dus al sewe swaaistate ingepalm. Trump het 312 kieskollege stemme gekry teenoor Kamala Harris se 226. In 2020 het Joe Biden Trump verslaan deur ses van die sewe swaaistate te wen – en Noord-Carolina net-net te verloor en 306 kieskollege teenoor Trump se 232 gekry. Die Associated Press […]
Katar onttrek as Gaza-bemiddelaar
Katar het onttrek as bemiddelaar in samesprekings oor ‘n skietstilstand en gyselaarvrylatings tussen Israel en Hamas. Die BBC berig dit het gebeur nadat senior Amerikaanse amptenare gesê het Washington sal nie langer die teenwoordigheid aanvaar van Hamas-verteenwoordigers in Katar nie. Hulle het die Palestynse groep beskuldig van die verwerping van nuwe voostelle vir ‘n einde […]
Mej. Aarde: Albertina behaal top-12
Australië is aangewys as Mej. Aarde 2024 in die Filippyne. Namibië se verteenwoordiger, Albertina Haimbala, het die top-12 finaliste gehaal maar het ongelukkig nie na die top-agt deurgedring nie. Die kompetisie het baie goeie talent uit lande soos die Dominikaanse Republiek, Puerto Rico, die VSA, Peru, Kabo Verde, Australië, Ysland en Rusland gesien, wat almal […]
Heli-platform by Boulter se Henties-hotel
Die burgemeester van Hentiesbaai vra belanghebbendes en betrokke rolspelers om besware in te dien rakende die verkoop van porsie X van dorpsgrond 133 aan Continuum HP Property Investments vir 221 250 Namibiese dollar. Die firma beplan om ‘n privaat parkeringsterrein sowel as ‘n helikopterplatform te ontwikkel vir SX Investments One se boetiekhotel. SX Investments is […]
Mbalula sê SANDF moet help om spazawinkels te sluit
Die sekretaris-generaal van die ANC Fikile Mbalula moedig die Suid-Afrikaanse Weermag aan om die polisie te steun met die sluiting van spazawinkels wat kos na die vervaldatum verkoop. Onlangse gevalle van voedselvergiftiging het honderde leerders in verskeie provinsies geraak, en in sommige gevalle is sterftes aangemeld. Daarby het skole in Gauteng alle kosverkope naby hulle […]
Strafhof ondersoek blykbaar sy hoofaanklaer Khan
Die beheerliggaam van die Internasionale Strafhof sal ‘n eksterne ondersoek van stapel stuur na sy hoofaanklaer Karim Khan oor beweerde seksuele wangedrag. Reuters berig Khan word in ‘n interne dokument wat aan lidlande gesirkuleer is, versoek om tydelik uit sy rol by die wêreld se permanente oorlogsmisdaadhof, gesetel in Den Haag, te bedank terwyl ‘n […]
‘Excalibur’ in rivier ontdek
‘n Sewehonderd-jaar oue swaard wat aangetref is waar dit in ‘n rots op die bodem van ‘n rivier in Bosnië en Herzegowina vassit word die ‘ware lewe Excalibur’ genoem. Die middeleeuse wapen word vergelyk met Koning Arthur se legendariese towerswaard weens die soortgelyke maniere waarop beide ontdek en uitgetrek is. ‘n Oerlegende lui Koning Arthur […]
NamWater ken drie tenders aan Chinese toe
Chinese maatskappye trek groot voordeel uit die konstruksie van die Ogongo-Oshakati pyplynvervanging en bykomende werke ter waarde van amper 237 miljoen Namibiese dollar. Die asbes-pyplyn van 53 kilometer is in 1978 gebou. NamWater het reeds die kontrakte onderteken. Die werke is in drie dele verdeel met drie Chinese konstruksiefirmas wat 19,7 kilometer teen 88 miljoen […]
KZN-owerhede vergader oor voedselvergiftiging
Die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging in KwaZulu-Natal het dringend met munisipale omgewingsgesondheidspraktisyns vergader om toenemende voedselvergiftigingsvoorvalle onder leerders te bespreek. Dit gebeur terwyl honderde leerders geraak is deur die uitbreking. In ‘n onderhoud met die SABC het die direkteur van SALGA in die provinsie, Sabelo Gwala, kommer uitgespreek oor tekortkomings in die stelsel en stygende misdaadbedrywighede, […]
Emigrasie soektogte skiet hoogte in na Trump wen
Soos dit duidelik geword het dat Donald Trump die verkiesing sou wen, was baie Amerikaners reeds op soek na opsies vir emigrasie na die buiteland. Google-soektogte vir “trek na Kanada” het met 1 270 persent gestyg in die 24 uur nadat die Amerikaanse Ooskus-peilings vir ‘n Trump-oorwinning Dinsdag gesluit het. Soortgelyke soektogte oor verhuising na […]