NHE begin met beplanning vir 2 500 lae-inkomste eenhede
Die Namibiese Behuisingsonderneming het Envirodu Consulting and Training Solutions van Swakopmund aangestel om ‘n omgewings- en maatskaplike impakstudie uit te voer om 2 500 laer inkomste huise regoor die land te lewer. Die projek val onder sy maatskaplike behuisingsprogram vir kwesbare gemeenskappe. Windhoek, Mariental, Keetmanshoop, Okakarara, Otavi, Omuthiya, Ondangwa, Oshakati, Eenhana, Nkurenkuru, Rundu, Katima Mulilo […]
Defend our Democracy vra ook Stilfontein-ondersoek
Defend our Democracy sê hy steun die oproep vir ‘n ondersoek na opsetlike nalatigheid wat uitgeloop het op onwettige mynwerkers wat aan uithongering dood is by die Buffelsfontein-mynskag in Stilfontein in Noordwes. Die woordvoerder Andries Sibanyoni sê 78 liggame is na die oppervlak gebring nadat ‘n hof ‘n reddingsoperasie beveel het, en nog 246 mense […]
Nigerië word 9de BRICS-vennoot
Nigerië is die negende lid van BRICS. Brasilië, wat tans die roterende presidentskap van die blok beklee, het Nigerië beskryf as ‘n land met dieselfde belange as die groep en die land sluit aan as BRICS-vennoot saam met Belarus, Bolivia, Kuba, Kazakhstan, Maleisië, Thailand, Uganda en Oesbekistan. BRICS verteenwoordig nou meer as die helfte van […]
Trump sal dalk Maandag ‘n 90-dae uitstel op TikTok-verbod gee
Die verkose Amerikaanse president Donald Trump sê hy sal TikTok ‘heel waarskynlik’ ‘n 90-dae uitstel van ‘n moontlike verbod gee na sy inhuldiging Maandag. Die toep sal Sondag in die VSA verbied word met 170 miljoen Amerikaners wat ditgebruik. Bytedance het reeds Vrydag gesê hy sal Sondag in die VSA moet afskakel tensy president Joe […]
Nganate kondig program teen wanvoeding in Omaheke aan
Die goewerneur van die Omaheke-streek, Pijoo Nganate, het onlangs ‘n nuwe program aangekondig om wanvoeding in die streek aan te spreek. Die inisiatief, gelei deur sy kantoor, verskaf voedselhulp aan 460 kinders en 40 volwassenes. Verskeie belanghebbendes is ook betrokke. Kosmos 94.1 Nuus het met Nganate gepraat, wat ‘n opdatering van hul pogings gee.
Saak van R1m se diefstal in fop-roof kom die week in Oos-Londen voor
Die diefstalsaak van meer as 1 miljoen Suid-Afrikaanse rand teen ‘n 49-jarige werknemer van Misdaadintelligensie is in die Oos-Londense-laerhof tot Woensdag uitgestel vir ‘n borgtogaansoek. Ntombekhaya August is deur die Valke se span vir Ernstige Georganiseerde Misdaad in Oos-Londen, Oos-Kaap, gearresteer omdat sy na bewering die diefstal vanuit die kantore van misdaadintelligensie gefasiliteer het. Daar […]
Trump kom in Washington aan op Air Force One
Die verkose president Donald Trump het Saterdagaand in Washington aangekom ter voorbereiding vir sy inhuldiging Maandag. President Joe Biden het Air Force One gestuur om hom in Florida te gaan haal. Hy beplan om vandag ‘n saamtrek te hou terwyl duisende Saterdag betoog het teen sy terugkeer na die Withuis – veral in verband met […]
Bulle oorrompel Stade Francais met 48-7
Die Bulle het met ‘n stewige vertoning op Loftus in Pretoria Stade Francais met 48 – 7 in ‘n laaste ronde Kampioenebekerwedstryd geklop. Die tuisspan was rustyd 36-7 voor. Die Bulle moes met meer as 22 punte wen om deur te dring na die tweede vlak van die Uitdaagbekerkompetisie se laaste-16-ronde, nadat hulle verlede naweek […]
Diamante gebuit by Namdia, rowers skiet werker dood, een rower skiet homself
Die Namibiese polisie bevestig twee is dood in Saterdagaand se gewapende roof by Namdia in die hoofstad. Lede van die polisie, die spesiale reserwemag, G4S en ander sekuriteitspersoneel was op die toneel. Yanna Smith het meer.
Minstens 70 dood in tenkwa-ontploffing in Nigerië
Minstens 70 mense is in die noorde van Nigerië dood en baie meer beseer toe ‘n petroltenkwa ontplof het na dit omgeslaan het en brandstof gemors het. Die land se nasionale noodagentskap het gesê die ongeluk in die staat Niger volg op ‘n soortgelyke ontploffing in die staat Jigawa verlede Oktober wat 147 mense gedood […]