Skietstilstand in werking gestel in Gaza, 3 ure laat
Israeliese owerhede het bevestig dat die drie name van vroue-gyselaars wat deur Hamas aangestuur is, aanvaar is en dat die skietstilstand in werking sal tree. Dit kom na meer as drie ure se vertraging omdat daar blykbaar ‘n tegniese probleem was vir Hamas om die name bekend te maak. Die Israelse weermag het vanoggend aanvalle […]
S-Korea magte bring Yoon ondersteuners onder bedwang
Honderde ondersteuners van Suid-Korea se beleërde president, Yoon Suk Yeol, het vandag ‘n hofgebou bestorm nadat sy aanhouding verleng is. Vensters is stukkend geslaan en die gebou is binnegedring. Kort nadat die hof sy besluit aangekondig het, het Yoon se ondersteuners die gebou oorrompel en die onlustepolisie oorweldig. Die polisie het ‘n paar uur later […]
Ekonoom sê oor kriptobate-magtiging deur BoN
Nog reaksie word ontvang op die gemagtiging van vier entiteite deur Bank van Namibië om vir ses maande betalings- en virtuele batedienste in die land te verskaf. Finatic Technologies en United PayPoint het voorlopige magtiging ingevolge die Wet op Betaalstelselbestuur ontvang. Kragtens die Wet op Virtuele Bates, is Mindex Virtual Asset Exchange en Landifa Bitcoin […]
Bekroonde Gauntlett bedank uit kerk-seksskandaal ondersoek na hy self beskuldig word
Senior advokaat Jeremy Gauntlett, een van die buurland se voorste regsmanne, het uit die Anglikaanse Kerk se ondersoekpaneel na die reeks kindermishandelaar John Smyth getree na bewerings dat hy ‘n minderjarige seksueel misbruik het. Aartsbiskop Thabo Makgoba sê hy het Gauntlett se bedanking aanvaar. Dit volg op bewerings deur dr. Hylton White, senior sosiale antropologiedosent […]
Vertraging in skietstilstand in Gaza
Hamas het volgens Al Jazeera die lys van name van die gyselaars wat vrygelaat het, afgelewer. Die beweging sê daar was tegniese uitdagings en daarom die vertraging. Die skietstilstand wat om half-nege moes begin het steeds nie en die eerste minister, Benjamin Netanyahu, het die weermag opdrag gegee om aanvalle uit te voer, wat gedoen […]
Haaie maak dringend veranderings na beserings
Die Haaie moes noodgedwonge weens beserings veranderings aanbring vir hulle laaste groepwedstryd om die Kampioenebeker vanmiddag in Frankryk teen Bordeaux Bégles. Vincent Koch, Jordan Hendrikse en Makazole Mapimpi is uit weens beserings. Ox Nché is nou op die bank en Ntuthuko Mchunu speel in sy plek. Grant Williams en Siya Masuku begin as skakelpaar terwyl […]
NNN wil nie in rooilynsaak getuig nie
Die visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah het ‘n dringende aansoek by die hoërhof ingedien om ‘n dagvaarding tersyde te stel wat haar verplig om te getuig in ‘n saak wat die omstrede veterinêre-kordonheining, ook bekend as die rooilyn betrek. Die nbc berig dat die dagvaardiging vereis dat Nandi-Ndaitwah in die komende verhoor wat vir 20 tot 31 […]
SAPD veroordeel fopnuus or opblaas van skag 10 in Stilfontein
Die buurland se polisie veroordeel wat hulle die verspreiding van leuens en waninligting noem oor die beweerde opblaas van skag 10 deur die polisie by Stilfontein in Noordwes. Die SAPD sê in ‘n verklaring hy het sy plofstofspan beveel om skag 10 te inspekteer vir enige teken van ‘n ontploffing en niks is gevind nie. […]
Angolese regering skend kinderregte – HRW
Human Rights Watch se 2024-verslag oor die stand van sake in Angola, wek kommer. Die organisasie het honger wat een uit elke vier kinders raak, polisiebrutaliteit en wette wat menseregte skend uitgelig. In die dokument beklemtoon hy dat 38 persent van Angolese kinders aan chroniese wanvoeding ly as gevolg van voeselonsekerheid en droogte. Die verslag […]
Libanese president sê Israel moet teen 26 Januarie uit
Libanon se nuwe president eis dat Israel teen 26 Januarie uit sy land se suidlike gebiede moet onttrek. Dit is volgens die ooreenkoms wat verlede jaar beklink is. President Joseph Aoun het die aanmerkings gemaak tydens die besoek van die VN se sekretaris-generaal Antonio Guterres. Hy sê die voortgesette Israeliese oortredings en die vernietiging van […]