SA se Davos-boodskap is vennootskappe

President Cyril Ramaphosa sê een van die boodskappe wat die Suid-Afrikaanse afvaardiging na die Wêreldekonomiese Forum in Switserland sal neem, is die land se voortdurende fokus op vennootskappe in sy strewe na groei en volhoubare ontwikkeling. Die vergadering vind plaas te midde van Suid-Afrika se oorname van die presidentskap van die Groep van 20. Ramaphosa […]

Read More

Seibeb wil weet waar is die Uis-mynverslag

Die Swapo-lid Henny Seibeb het kritiek teenoor die staande komitee op natuurlik hulpbronne uitgespreek en sê daar is ‘n onaanvaarbare vertraging in sy verslag oor die onwettige litium mynbedrywighede by Uis. Verhore is reeds in Mei 2023 gehou maar die verslag is nog nie ter tafel gelê nie. Intussen het dinge versleg en bewyse van […]

Read More

Mos-minister Chang tronk toe gestuur in New York

Mosambiek se voormalige finansminister, Manual Chang, is in New York tot agt en ‘n half jaar tronkstraf gevonnis, waarvan hy ses jaar reeds agter tralies in die Verenigde State en Suid-Afrika deurgebring het. Chang is in Augustus daaraan skuldig bevind dat hy 7 miljoen Amerikaanse dollar se omkoopgeld aanvaar het in ruil vir die ondertekening […]

Read More

Djokovic sien uit na môre se wedstryd teen Alcaraz

Die tienmalige kampioen, Novak Djokovic, sê hy verwag Dinsdag ʼn taai stryd teen Carlos Alcaraz in die kwarteindronde by die Australiese Ope. Die Serwiër is ná sy vierde-ronde-sege van 6-3, 6-4, 7-6 teen die Tsjeg, Jiri Lehecka, steeds op dreef om ʼn rekord 25ste Grand Slam-titel op te raap. Alcaraz het deurgedring nadat die Brit, […]

Read More

Namibië behaal 4de plek uit 8 vir veiligheid in Afrika

Namibië se toerismeministerie het die onlangse peiling deur Altezza Travel verwelkom. Dit plaas Namibië as die vierde veiligste land in Afrika. Altezza Travel se erkenning van Namibië se veiligheid, politieke stabiliteit en goed ontwikkelde toerisme-infrastruktuur is ‘n beduidende prestasie, volgens woordvoerder Romeo Muyunda. Hy sê dat hierdie ranglys nie net die land se internasionale beeld […]

Read More

Booys kan nie vandag appelleer nie, soek nog regsman

Die beleërde oud-streeksraadslid vir Okahandja Steve Biko Booys se appèlsaak teen die weiering van borg sal nie vandag, soos neergelê in die hoërhof begin nie. Booys sê in stukke hy het op 16 Desember uitgevind van vandag se verhoor maar kon nie betyds regsverteenwoordiging bekom nie. Hy vra regters Naomi Shivute en Herman January vir […]

Read More

SA-owerhede ondersoek afpersing deur sekerheidsverskaffers

Die Reguleerder van die Privaat Sekerheidsbedryf het ondersoeke van stapel gestuur na bewerings dat sommige sekerheidsverskaffers hulle skuldig maak aan misdaad. Die woordvoerder Azwifaneli Tshisikamulilo sê twee voorvalle is aangemeld in die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal van sekerheidsverskaffers wat betrokke is by afpersing. Ander maatskappye is glo landwyd ook skuldig. Hy sê PSIRA is besig met […]

Read More

Gaza-skietstilstand is uiters broos

Israel sê hy het 90 Palestynse gevangenes vrygelaat as deel van die skietstilstandooreenkoms met Hamas. Dit volg nadat drie gyselaars Sondag aan Israel oorhandig is as die eerste van 33 wat oor die volgende ses weke vrygelaat gaan word. Die meeste van die gevangenes is uit die Ofer-gevangenis in Ramallah vrygelaat. Die woordvoerder van die […]

Read More

Besproeiing hervat vandag by Hardap

Besproeiing by die Hardap-skema hervat vandag. Die stelsel is verlede week voorberei. Die produsente het vergader na goeie neerslae die dam van net meer as 5 persent na die huidige 16,6 persent geneem is. Die voorsitter van die Hardap Boerevereniging, Dawie de Klerk, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat onttrekking en verdamping op 100 […]

Read More

Vandalisme hou ligte af in Tshwane

Die DA in Tshwane sê die voortdurende vandalisme van elektrisiteitsinfrastruktuur is een van die grootste oorsake van uitgerekte en herhaalde kragonderbrekings wat dienslewering in die metro skaad. Themba Fosi van die DA sê meer as 720-meter kabels is onlangs gesteel onder die brug by die Garsfontein- en N1-wisselaar, wat ‘n uitwerking gehad het op groot […]

Read More