147 massa-skietvoorvalle sedert Januarie in VSA - April 19, 2021

Die polisie in Austin, Texas, soek na ‘n man wat vermoedelik gister drie mense in ‘n woonstelkompleks in die stad doodgeskiet het. Die verdagte is ‘n gewese speurder van die Travis-polisiekantoor wat in Junie verlede jaar van die seksuele aanranding van ‘n kind aangekla is. Minstens 147 massa-skietvoorvalle is sedert die begin van die jaar […]

Read More

Kavango: geen hidrobreking sal benut word nie - April 19, 2021

Hidrobreking, wat die grootste kommer vir omgewing bewustes is, sal nie in die Kavango gebied toegepas word nie. Die Kanadese maatskappy ReconAfrica wat op die oomblik eksplorasie daar uitvoer, sê die uitslae van die eerste opnames toon dat die bronne nie deur hidrobreking ontgin sal word nie. Intussen het die maatskappy se Hoof Uitvoerende Beampte […]

Read More

Olifante trap vermeende stroper dood - April 19, 2021

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke sê ‘n vermeende stroper is in die Krugerwildtuin dood en van sy medepligtiges is gearresteer. Die oorledene en sy makkers het van veldwagters weggevlug maar tussen ‘n trop olifante beland. Veldwagters was op ‘n roetine-patrollie in die Phabeni-omgewing toe hulle spore gevind en die verdagtes agtervolg het. Die Woordvoerder van SANParke, […]

Read More

Lühl-uitspraak vandag verwag - April 19, 2021

Uitspraak word vandag gelewer in die dringende aansoek deur Phillip Lühl om die Minister van Binnelandse Sake Frans Kapofi te dwing om sy tweeling dogters wat deur ‘n surrogaat in Suid-Afrika gebore is met noodreisdokumente te verskaf. Die kinders is sedert hulle geboorte steeds in Suid-Afrika. Die saak het groot reaksie uitgelok met verskeie protesoptredes […]

Read More

Noa verskyn weer vandag - April 19, 2021

Dennis Noa ‘n leerling dokter wat van sodomie beskuldig word op ‘n manlike pasiënt met breinbeserings, is vandag weer in die Katutura Landdroshof. Daar is volgens berigte DNS-toetse op die pasiënt gedoen, wat na bewering deur Noa ontslaan is uit die saal waar hy behandel is. Die pasiënt het in ‘n motorongeluk in Maart die […]

Read More

Kaapse brand: historiese geboue verwoes - April 19, 2021

Die Stad Kaapstad sê brandweerspanne was dwarsdeur die nag op die toneel van die bergbrand agter die Universiteit van Kaapstad. Meer as 150 brandbestryders van verskillende stasies regoor die metropool veg teen die brand. Die stad sê lugondersteuning sal vanoggend hervat word. Eiendom waaronder privaat wonings, die Rhodes-gedenkteken en historiese strukture soos Mostert se Meule […]

Read More

Kongo Brazzaville besoek het goed afgeloop - April 19, 2021

Staatshuis het meer besonderhede bekendgemaak oor President Hage Geingob se besoek aan Kongo Brazzaville vir die inhuldiging van president Denis Sassou Nguesso. Die Presidentsvrou Monica Geingos het Geingob vergesel. Die Presidensiële Woordvoerder, Alfredo Hengari, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Myeni: polisie in Hawaii het geen rede tot skiet gehad nie - April 19, 2021

Die prokureur van die Suid-Afrikaanse man wat in Hawaii deur die polisie doodgeskiet is, sê die lyfkamera-videos wat deur die owerhede in Honululu vrygestel is, bevat geen bewyse wat die skietvoorval regverdig nie. Luke Korkowski het aan die media gesê Myeni se dood is veroorsaak deur swak opgeleide en aggressiewe polisiebeamptes wat oorreageer het. Myeni […]

Read More

Covid gevalle tans op 1 515 - April 19, 2021

Die Namibiese Ministerie van Gesondheid het bekendgemaak dat daar 140 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig is. Windhoek het 36, Rehoboth 15, Otjiwarongo 13, Tsumeb 12, en Swakopmund 11. Die res is landwyd versprei. Daar is steeds 1 515 aktiewe gevalle, met 44 525 wat herstel het uit ‘n kumulatiewe totaal van 46 655. […]

Read More

Inbraak by kantore van Zondo-kommissie - April 18, 2021

Die Suid-Afrikaanse polisie is besig met ‘n ondersoek nadat daar gisteraand by die kantore van die Zondo-kommissie in Parktown, Johannesburg ingebreek is. Volgens die kommissie se Woordvoerder Mbuyiselo Stemela is skootrekenaars gesteel. Amptenare van die kommissie probeer nou vastel of enige dokumente ook gesteel is.

Read More