
Jonas sal dalk nog by Spele kan deelneem - April 23, 2021
Die Sekretaris-Generaal van die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee Joan Smit sê daar is altyd ‘n kans dat Jonas Junias Jonas deel sal neem aan die Spele. Jonas is tans in aanhouding in Swakopmund op klagte van poging tot moord na hy ‘n lid van die publiek aangerand het. Daar is ook ander klagte teen hom. […]
Omgewingsvriendelike plaagdoder vir Zambezi - April 23, 2021
Die VN se Voedsel en Landbou-organisasie het ‘n groot skenking gemaak aan Namibië vir die bekamping van die sprinkaanplaag. Meer as 330 000 Namibiese doller is in beskermende toerusting geskenk en 160 kilogram omgewingsvriendelike plaagdoder is ook geskenk aan die Zambezi-streek. Dit het groot verligting veroorsaak veral met die ondergrondse waterbronne. Die plaagdoder wat in […]
Meer oor die verhongerde leeus van Kunene - April 23, 2021
Die verhongerde leeus in die Kunene-streek bly in die nuus. Daar is berigte dat daar nog leeus is wat so maer is en dit is onseker presies wat die oorsaak is. Tammy Hoth van die Namibiese Leeu-trust sê nie al die diere in die streek lyk so nie. Sy het die situasie op die grond […]
ANC-jeug betoog buite VSA-ambassade - April 23, 2021
Lede van die ANC-jeugliga se taakspan het buite die Amerikaanse ambassade in Tshwane betoog. Hulle vra geregtigheid nadat Amerikaanse polisie Lindani Myeni wat in KwaZulu-Natal gebore is, verlede week doodgeskiet het. Die polisie in Honolulu in Hawaii sê hulle het gereageer op ‘n oproep van ‘n inbraak wat aan die gang is toe Myeni doodgeskiet […]
Beloning vir inligting oor inbraak by Zondo-kommisie - April 23, 2021
Die polisie in Gauteng sê hulle bied ‘n onbekende bedrag kontant aan as beloning vir inligting wat sal lei tot die inhegtenisneming en suksesvolle vervolging van diegene wat onlangs by die staatskapingskommissie se kantoor ingebreek het. Die rooftog het vroeër die maand in Johannesburg plaasgevind en die rowers het weggekom met ‘n aantal skootrekenaars en […]
Matigheid voor oë, waarsku polisie - April 23, 2021
Nampol het lede van die publiek gemaan dat beamptes die naweek regoor die land ontplooi is om te verseker dat Covid-maatreëls nagekom word. Talle mense het salarisse ontvang en voorvalle van geweld, dronkbestuur en misdaad is algemeen met naweke wat aan die einde van die maand voorkom. Die polisie se Woordvoerder Adjunk Kommissaris Kauna Shikwambi […]
H5-voëlgriep roei in Gauteng en Noordwes - April 23, 2021
Meer as 270 000 hoenders is die buurland van kant gemaak en goedkeuring is gegee dat die karkasse onder beheerde toestande na ‘n nabygeleë stortingsterrein geneem mag word. Dit volg nadat H5-voëlgriep op twee kommersiële plase in Gauteng en in Noordwes bevestig is. Die stam van ‘n hoogs patogeniese voëlgriep is vroeër vandeesmaand op ‘n […]
Covax beplan 2 miljard dosisse teen einde 2021 - April 23, 2021
Die Wêreldgesondheidsorganisasie se Covax-fasiliteit beplan om 2 miljard entstowwe vir laer-inkomste lande teen die einde van die jaar te versker. Op die oomblik lewer die fasiliteit die AstraZeneca en Pfizer enstowwe en ooreenkomste met nuwe vervaardigers is onderteken om nog te lewer. Net meer as 14,1 miljoen dosisse van die Pfizer entstof is aan 47 […]
Van Tonder sê hy gaan wen - April 23, 2021
Die Suid-Afrikaner Daniel van Tonder glo hy kan vanjaar die Limpopo Kampioenskap op die Euphoria-gholflandgoed by Modimolle wen. Van Tonder is een hou voor nóg ‘n plaaslike speler, Neil Schietekat, en Niklas Moller van Denemarke, ná ‘n onvoltooide eerste ronde. Spel is gistermiddag gestaak toe dit te donker geword het om klaar te maak. Hulle […]
IMF sê klimaat kelder ekonomiese groei - April 23, 2021
Die Internasionale Monetêre Fonds sê sentrale banke, ministeries van finansies en die finansiële sektor moet besef dat klimaatoorwegings ‘n belangrike ekonomiese kwessie is wat groei en welvaart op die lang termyn sal beïnvloed. Klimaatsverandering is steeds wêreldwyd ‘n duidelike teenwoordige bedreiging. Die besturende direkteur van die IMF, Kristalina Georgieva, sê die fonds het die finansiële […]