Super/Man palm eerste toekennings in

Super/Man: The Christopher Reeve Story het al ses kategorieë waarin hy by die Critics Choice-dokumentêre toekennings benoem is, gewen. Dit sluit in beste redigering en beste dokumentêre fliek, waar dit gelykop was met Will and Harper van Netflix. Sugarcane, wat vanjaar met agt die meeste benoemings ontvang het, het twee gewen: vir beste politieke dokumentêr […]

Read More

Nampol lê beslag op N$42 500 se ngungula

Die Namibiese polisie het ‘n voertuig op Oshakati gevind met 76, 25-liter brandstofhouers gevind. Vyftig was nog vol onwettige brandstof wat vermoedelik van Angola afkomstig is. Die waarde word op net minder as 42 500 Namibiese dollar beraam. voertuig, ‘n Toyota Hilux, is in die Ohumbu-gebied van Oshakati gevind sonder enige eienaar en is gekonfiskeer. […]

Read More

Produksie van groenstaal begin teen die einde van die jaar

Die HyIron-Oshivela-projek in die Erongo-streek sal teen die einde van die jaar met produksie begin, wat ‘n koste-effektiewe metode is om die energie-oorgang te ondersteun en die staalbedryf te ontkoolstof. Die projek, in samewerking met die Climate Neutrality Foundation en die Namibië Groenwaterstofprogram, stel yster-tot-waterstof-tegnologie bekend. Hierdie deurbraak bied ‘n oplossing vir die vervoer van […]

Read More

Lesufi sê voedselveiligheid-standaarde moet in Gauteng afgedwing word

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, sê ‘n provinsiale strategie is ontwikkel om die toepassing van die verordeninge en regulasies te versterk wat spaza-winkels en ander voedselverkopers beheer. Die provinsie het 441 gevalle van voedseloordraagbare siektes met 23 sterftes aangeteken. Die premier het met raadslede, munisipale leiers en departementshoofde vergader om provinsiale reaksie te koördineer. Lesufi […]

Read More

Britse werkende honde kry nuwe jurkies

Britse militêre honde kry binnekort ‘n hele reeks nuwe veiligheidstoerusting, insluitend brille, stewels en koeëlvaste baadjies, as deel van ‘n kontrak van multi-miljoen-pond. Die kontrak van vyf jaar kan met nog twee jaar verleng word en is gemik op verbeterde opleiding vir die groep van meer as 500 werkende honde in die Britse weermag verskaf. […]

Read More

N$87 miljard vir krag-invoere in ’23… ons bestee meer vir minder

Die Internasionale Energie-agentskap sê Namibië het ongeveer 5 miljard Amerikaanse dollar, oftewel, 87 miljard Namibiese dollar op elektrisiteit in 2023 bestee. Mining and Energy berig dit toon ‘n 25 persent verhoging sedert 2019 aan. Hierdie skerp styging in koste spruit uit beide geldeenhede se waardevermindering en ‘n verskuiwing in invoerbronne. Die agentskap se bevindings onthul […]

Read More

Shivambu sê hy’s bevoeg vir SG van MK-party

Die voormalige adjunkpresident van die EFF, Floyd Shivambu het belowe om die MK-party te help om ‘n gedugte organisasie te word wat verkiesings sonder moeite kan wen. Die president van MK, Jacob Zuma het hom as sekretaris-generaal aangestel om die leisels oor te neem by Sifiso Maseko, wat verlede week bedank het. Hy is terug […]

Read More

Bibi en Trump gesels drie keer sedert Dinsdag

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê hy het sedert die verkiesing drie keer met Amerika se aangewese president Donald Trump gepraat om die bondgenootskap tussen hulle nasies te versterk. Israelse aanvalle op Libanon en die noorde van Gaza het Sondag tot 23 mense, insluitend kinders, se dood gelei. Netanyahu beskryf die gesprekke met Trump […]

Read More

Tyla raap drie toekennings by MTV EMA in

Die Suid-Afrikaanse sensasie Tyla het drie toekennings ingepalm by die MTV Europe-musiektoekennings wat in Manchester, Engeland, gehou is. Sy was die wenner van Best R&B, Best Afrobeats, en Best African Artist. Die popsuperster Taylor Swift was die groot wenner met vier toekennings; Best Artist en Best Video vir haar samewerking met Post Malone aan Fortnight, […]

Read More

B2Gold-produskie oortrek verwagtinge

B2Gold sê sy Otjikoto-myn het produksie verwagtinge oortref met die lewering van 52 131 onse goud in die derde kwartaal van 2024. Goudherwinning van die erts het op 98,8 persent vir die periode ingekom. Ertsproduksie van die Wolfshag-ondergrondse myn vir die derde kwartaal van 2024 was gemiddeld 1 800 ton per dag teen ‘n gemiddelde […]

Read More