
Die Valke in Suid-Afrika ondersoek bewerings deur Tokyo Sexwale - April 24, 2021
Die Valke in Suid-Afrika het bevestig dat hulle bewerings deur Tokyo Sexwale ondersoek van geld wat na bewering van ‘n sogenaamde Erfenisfonds gesteel is. Die ANC-veteraan voer aan die geld is by die buurland se Reserwebank gehou is en dit is toe onwettig na rekenings van kommersiële banke en sekere individue oorgeplaas. Die geld was […]
Voëlgriep is by ’n derde hoenderplaas in Suid-Afrika bevestig - April 24, 2021
Voëlgriep is by ’n derde hoenderplaas in Suid-Afrika , in die Tswane-metrogebied bevestig. Dit volg na die siekte reeds op plase in Ekhuruleni en Potchefstroom uitgebreek het. Meer as 270 000 hoenders is reeds vankant gemaak. ‘n Woordvoerder van die buurland se Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Reggie Ngcobo, sê die hoenders is […]
Die Bastergemeenskap stem vandag vir nuwe Kaptein - April 24, 2021
Die Bastergemeenskap van Namibië stem vandag om ‘n nuwe Kaptein te kies.Die voormalige Kaptein John McNab is verlede jaar oorlede. Jade Izaaks, die Rehoboth Baster Gemeenskap se woordvoerder.
President Geingob besoek vandag Kavango-Oos President Hage Geingob as President van Swapo - April 24, 2021
President Hage Geingob as President van Swapo sal vandag die Kavango Oos-streek besoek om Swapo se 61ste verjaarsdag te vier. Die streek se kantore word ook amptelik geopen. Austin Samupwa, Swapo se Uitvoerende Direkteur in die streek het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Suid-Afrika A wen die eerste wedstryd in die Castle Lite krieket-reeks teen Namibië - April 24, 2021
Die Castle Lite -reeks tussen die Eagles van Namibië en Suid-Afrika A word vandag in die hoofstad voortgesit. Die besoekers het die eerste kragmeting met 169 lopies met nog 5 paaltjies staande gewen. Die reeks maak deel uit van die Eagles se voorbereiding vir die T-20 Wêreldbeker wat in Oktober plaasvind.
90 Leerders en 10 onderwysers onder 211 nuwe Covid-gevalle in die land - April 24, 2021
Daar is 90 leerders, 10 onderwysers en 8 gesondheidswekers onder die 211 nuwe Covid-19 gevalle in die land. Van die 211 gevalle het Windhoek 46. Die Kunene-streek het 35 aangemeld en Hardap 23 met 22 in Rehoboth. Ohangwena het 19 en Oshikoto 18. Daar is 17 gevalle in Erongo en 15 in Otjozondjupa. Die Kavango […]
Julle moet deursigtig wees – Hage - April 23, 2021
Die pas aangestelde Namibiese Minister van Visserye Derek Klazen het reeds die nuus gehaal met vrae oor sy moontlike konflik van belange. President Hage Geingob het vandag by die inswering van die nuwe aanstellings wat hy aangekondig het, gewaarsku dat deursigtigheid en eerlikheid wat uiterse belang is.
Navalny eet weer - April 23, 2021
Die Russiese opposisieleier en fel kritikus van die Kremlin, Alexey Navalny, het sy eetstaking van 20 dae in ‘n hospitaal in Vladimir, oos van Moskou, beëindig. Hy word sedert Januarie aangehou toe hy van Duitsland na Rusland teruggekeer het. Hy het vyf maande in dié land deurgebring terwyl hy herstel het nadat hy met ‘n […]
Solidariteit ingenieurs wat Kubane kan vervang - April 23, 2021
Die vakbond Solidariteit het ‘n lys van 120 gekwalifiseerde ingenieurs bekend gemaak wat bereid is om Suid-Afrika se waterkrisis op te los in plaas van die Kubaanse ingenieurs wat die regering wil huur. Die Minister van Menslike Nedersettings, Water en Sanitasie, Lindiwe Sisulu, het hul besluit verdedig en gesê die Kubaanse ingenieurs sal help om […]
Job se Dankie Botswana gevind - April 23, 2021
Die sogenaamde Dankie Botswana Toyota Corolla van die Burgemeester van Windhoek, Job Amupanda is gevind. Luidens die jongste berigte is die motor, wat gedurende die nag in Rocky Crest gesteel is, aan die westelike kant van die hoofstad in die veld gevind. Verskeie onderdele is verwyder. Die polisie se ondersoek duur voort.