
Staatsamptenare sal staak in buurland - April 26, 2021
Die meer as 235 000 lede van die Vereniging vir Staatsamptenare in Suid-Afrika is aangesê om hulle vir ‘n staking voor te berei na samesprekings oor loonverhogings met die buurland se regering op ‘n dooiepunt uitgeloop het. Die regering het ‘n nul-persent aanbod gemaak, en bied ‘n lewenskoste-aanpassing in die plek daarvan aan. ‘n Woordvoerder […]
SA-regering reageer swak tydens pandemie - April 26, 2021
Die Instituut vir Armoede en Ongelykheid sê Suid-Afrika se reaksie op die unieke ekonomiese krisis weens die Covid-19 pandemie was onvoldoende. Ekonome by die instituut sê die regering se besuinigingsbeleid sal herstel kniehalter. Een van die navorsers, Duma Gqubule, sê President Cyril Ramaphosa se leningsprojek van 200 miljard Namibiese doller was ‘n enorme mislukking.
Red Force en Keetmans in die hof - April 26, 2021
Die saak waar Red Force Debt Management die Keetmanshoop Munisipaliteit dagvaar vir 1,6 en 1,8 miljoen doller in twee eise is vandag voor Regter Nate Ndauendapo vir verhoor. In sy stukke sê Red Force hy het in Julie 2017 ‘n ooreenkoms met die plaaslike owerheid onderteken om skuld in te vorder. Die tweede eis handel […]
Man vas vir luiperdvel - April 26, 2021
Die jongste misdaadverslag van die Namibiese polisie sê ‘n 41-jarige Namibiese man is by die Otjiwarongo padblokkade in hegtenis geneem vir die besit van ‘n luiperdvel met ’n beraamde waarde van 150 000 Namibiese doller. Hy het in ’n sogenaamde sewe-sitplek taxi gereis. Die motor is deursoek en die vel is so gevind. In Outjo […]
Staking: NBC sê môre - April 26, 2021
Die personeel van die NBC staak steeds. Die raad van die openbare uitsaaier het bekendgemaak dat daar môre ‘n nuuskonferensie in die verband gehou gaan word. Die Direkteur-Generaal van die korporasie, Stanley Similo het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
4 boere verskyn in Piet Reteif op aanklagte van moord - April 26, 2021
AgriSA vra vir kalmte in Piet Retief in Mpumalanga waar die borgtogaansoek in verband met die skietdood van twee broers vandag in die Landdroshof begin. Vier mans word beskuldig van moord op Zenzele en Amos Coka op die plaas Pampoenkraal vroeër die maand. Die twee broers was deel van ‘n groep mense wat volgens die […]
Arbeid hou vergaderings in noorde - April 26, 2021
Die Namibiese Ministerie van Arbeid begin vandag tot 3 Mei met raadgewende vergaderings met arbeidsverwante belangegroepe oor relevante arbeidsaangeleenthede in verskeie streke van die land. Volgens ‘n verklaring van die ministerie gaan vergaderings in die Kunene, Omusati, Oshana, Ohangwena, Oshikoto en Otjozondjupa-streke gehou word.
Keeetmans se Basson op verlof tydens ondersoek - April 26, 2021
Die Hoof Uitvoerende Beampte van die Keetmanshoop Munisipaliteit Desmond Basson is op drie maande se administratiewe verlof geplaas om die raad ‘n geleentheid te gee om ondersoek in te stel in verband met verskeie bewerings teen hom. Die raad se Voorsitter Easter Isaak het aan nuusagentskappe gesê dat van die kwessies wat ondersoek sal word […]
My Octopus Teacher wen Oscar! - April 26, 2021
Die Suid-Afrikaanse dokumentêr My Octopus Teacher het op die 93-ste Oscar-toekennings in Los Angeles die Oscar gewen vir beste dokumentêre film. Die regisseurs, Pippa Ehrlich en James Reed, se film handel oor die verhouding wat oor ‘n jaar tussen die rolprentvervaardiger Craig Foster en ‘n seekat ontwikkel het in ‘n kelpwoud aan die kus van […]
Britz is nuwe kaptein, Van Wyk sê nee - April 26, 2021
Die nuutverkose Basterkaptein, Jacky Britz het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die uitdagings wat die gemeenskap het. Hy het 2 583 stemme in die verkiesing vir ‘n nuwe kaptein gekry. Die sakeman Rynauldt van Wyk het 523 stemme gekry uit die totaal van 3 106 stemme. Britz het sy boodskap aan die Bastergemeenskap in […]