DA veroordeel transformasiefonds as nuwe belasting
Die DA sê hy veroordeel ten sterkste die aankondiging van die handelminister, Parks Tau, oor die skepping van ‘n transformasiefonds van 100-miljard Suid-Afrikaanse rand, om uitsluitlik swart ondernemings by te staan. Die minister het in antwoord op ‘n parlementêre vraag onthul dit sal befonds word deur bykomende kodes vir breedgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging in die […]
China stel man tereg na moordtog in motor
China het ‘n man tereggestel wat in November 35 mense in ‘n moordtog met ʼn motor doodgery het in die suidelike stad Zhuhai. Dit is die dodelikste massa-aanval in die land in jare. Die 62-jarige Fan Weiqiu het doelbewus met ‘n klein sportnutsvoertuig deur ‘n groep mense gery wat buite ‘n sportkompleks geoefen het, en […]
SA spanne na Europa vir Uitdaagbeker ronde van 16
Rugby: Die Bulle, Haaie en Leeus reis in April na Europa om in die ronde van 16 in die Uitdaagbeker te speel. Die Haaie speel teen Lyon, die Bulle teen Aviron Bayonnais en die Leeus teen Edinburgh. Die Haaie is uit die Kampioenebeker geskakel na ʼn nederlaag van 66-12 teen Bordeaux-Bègles. Die Bulle het vir […]
EU, VN, regering werk saam aan nuwe program
Die Europese Unie, in vennootskap met die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram en die Namibiese regering, het 20 miljoen Namibiese dollar toegewy om die land se pogings om deursigtigheid, aanspreeklikheid en institusionele integriteit te bevorder, te ondersteun. Hierdie inisiatief strook met Namibië se Nasionale Ontwikkelingsplanne en die tweede Harambee welvaartsplan. Ana Beatriz Martins, die EU-ambassadeur in […]
Koning Misuzulu kanselleer troue, dank segsman af
Die Zulu-koning, Misuzulu kaZwelithini, het sy troue met Nomzamo Myeni afgestel wat hierdie naweek sou plaasvind. Hy het in ‘n brief die onttrekking van Myeni se koninklike voordele en sekerheid versoek, met verwysing na redes buite die koningshuis se beheer. Volgens Daily Maverick volg die besluit te midde van bewerings oor Myeni se vorige verhoudings […]
Slegs 7% van wêreld se groenwaterstofprojekte uitgevoer
ʼn Studie in Nature Energy het onthul dat slegs 7-persent groenwaterstofprojekte in die wêreld uitgevoer is. Dit bied uitdagings vir Suid-Afrika se Billike Energieoordrag-beleggingsplan omdat die hoë koste ʼn belangrike struikelblok is. Die koste van groenwaterstof is tans tussen 94- en 113 Namibiese dollar per kilogram teenoor 28 dollar per kilogram vir grys waterstof. Navorsers […]
Sinner, Keys in Aussie Ope kwarteindronde
Tennis: Die verdedigende kampioen en wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, is deur na die kwarteindronde van die Australiese Ope. Die Italianer het in die hitte gesukkel en ʼn mediese verposing gevra voor hy Holger Rune van Denemarke in vier stelle verslaan het. Sinner speel volgende teen die Australiër Alex de Minaur of die Amerikaner Alex Michelsen. In […]
Sensus-syfers oor werkloosheid kom op 29 Januarie
Die Namibië Statistiekagentskap het deurgeloop onder kritiek ná die vrystelling van die 2023-sensusdata. Die verslag het nie sleutel-arbeidstatistieke, soos die werkloosheidsyfer, ingesluit nie. Volgens die agentskap sal hulle afsonderlike tematiese verslae vrystel gebaseer op die sensusdata. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Iipumbu Sakaria, die agentskap se woordvoerder, wat ‘n vooruitsig gee van die verslae […]
VF+ soek antwoorde oor ontbinding van SAPD se inspektoraat
Die Vryheidsfront Plus sê dis onaanvaarbaar en nie in openbare belang om die Suid-Afrikaanse Polisiediens se inspektoraat-afdeling te ontbind nie. Die polisiediens sê sy nasionale kommissaris, Fannie Masemola, is wetlik by magte om die Nasionale Polisie-inspektoraat te organiseer en te herorganiseer. Heloïse Denner van die VF Plus sê spesifieke redes vir die ontbinding moet so […]
China is paraat met Trump inhuldiging
Chinese amptenare is hoopvol maar paraat vir Donald Trump se terugkeer na die Withuis. Die land sal ‘n herhaling van die vorige handelsoorlog wil vermy. Chinese visepresident Han Zheng het in vergaderings met Elon Musk, uitvoerende hoof van Tesla, en ander lede van die Amerikaanse sakegemeenskap in Washington voor Trump se inhuldiging gesê hy hoop […]