
Produsente in die Kunene-streek het steeds droogtehulp nodig - May 15, 2021
Die droogtegeteisterde Kunene-streek het nog steeds droogtehulp nodig. Vroeër vanjaar het die Namibiese Regering ingegryp en droogtehulp geskenk, maar die streek se nood is steeds hoog. Volgens ‘n boer in die streek, Dudu Murorwa, het die gemeenskappe in die Kunene steeds hulp nodig soos hy aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.
Geweld in Gaza en Israel duur voort - May 15, 2021
Die ergste geweld in Gaza en Israel in meer as sewe jaar woed voort terwyl die Israelse weermag volgens berigte uit Jersulem gereed maak om met aanvalle deur sy grondmagte in Palestynse gebiede te begin te midde van ‘n stygende dodetal in die konflik.Die Amerikaanse regering het intussen by monde van die Withuis se mediawoordvoerder […]
Weer lekker rugby vandag - May 15, 2021
Rugby: Die Reënboogbekerreeks in Suid-Afrika verskuif vandag na Gauteng. Die Lions gaan vanmiddag half-twee die Stormers op Ellispark in Johannesburg verwelkom en net na ses vanaand draf die Bulls en die Sharks uit op Loftus Versfeld in Pretoria. Die Sharks is tans boaan die punteleer met 10 punte nadat hulle albei hulle eerste twee wedstryde […]
Swaminfeksies in waaksale van hospitale met Covid-19- pasiënte ‘n probleem - May 15, 2021
Wetenskaplikes by die Universiteit van die Vrystaat sê Covid-19-pasiënte wat in hospitale se waaksale opgeneem is, loop die gevaar om ‘n verspreidende swaminfeksie op te doen wat behandeling kan belemmer. Professor Carlien Pohl-Albertyn en dokter Obinna Ezeokoli van die universiteit se departement van Mikrobiologie en Biochemie sê erge Covid-19 stel die immuunstelsel in gevaar. Hulle […]
Rowers slaan toe op begraafplase - May 14, 2021
Oor die afgelope paar maande is daar ‘n neiging van misdadigers in die hoofstad om kruise uit begraafplase steel en dit aan skrootwerwe verkoop. Video’s hiervan is op sosiale media versprei. Die Woordvoerder van Stad Windhoek, Lydia Amutenya, sê dit is ontstellend dat misdadigers so laag daal en grafte skend. Sy doen ‘n beroep op […]
Khorixas ruk op teen polisiehardhandigheid - May 14, 2021
Sowat 100 inwoners van Khorixas het vandag ‘n vreedsame protesoptog teen polisiehardhandigheid gehou. Dit spruit uit ‘n voorval van beweerde polisiehardhandigheid wat op 12 April by die Khorixas-polisiekantoor plaasgevind het. ‘n Video is wyd op sosiale media gedeel van ‘n polisiebeampte wat ’n vrou en ’n gestremde man aanrand wat glo vir die oortreding van […]
Program vir Leeu-toer na SA bekend - May 14, 2021
Die gewysigde program vir die Britse en Ierse Leeus se toer na Suid-Afrika is aangekondig. Hulle speel opwarmingswedstryde teen Suid-Afrika se provinsiale spanne voor die 1ste toets in Kaapstad op 24 Julie. Die tweede toets op 31 Julie in Johannesburg, asook die derde toets op 7 Augustus.
Picasso-skildery teen N$1,4 miljard opgeveil - May 14, 2021
‘n Skildery van die wêreldberoemde kunstenaar Pablo Picasso is op ‘n veiling vir meer as 1,4 miljard Namibiese doller verkoop. Dit is die vyfde kunswerk van die Spaanse meester om hierdie syfer te bereik. Die New Yorkse afslaer Christie’s het ongeveer die helfte daarvan verwag vir Woman Sitting Near a Window – Marie-Therese. Die wenbod […]
N$66 miljoen vir koninklike huishouding van Zoeloes - May 14, 2021
KwaZulu-Natal se Premier Sihle Zikalala het 66 miljoen Namibiese doller aan die Zoeloes se koninklike huishouding toegewys vir die 2021/2022-boekjaar. Hy het tydens sy voorlegging van die provinsiale begroting ook gesê die jeugdirektoraat wat jong entrepreneurs in die provinsie moet ondersteun, ontvang 50 miljoen Namibiese doller. Zikalala sê die bedrag wat aan die Zoeloes-koninklikes toegewys […]
Bul vir meer as halfmiljoen op veiling verkoop - May 14, 2021
Die jaarlikse Hartebeestloop-veiling van Joggie Briedenhann se top-gehalte Bonsmaras vandag word as uiterse geslaagd beskryf. Die duurste bul is gesamentlik deur Richard Thorn en Nick Serfontein van Sernick teen 550 000 Namibiese doller aangekoop. Paul Klein, Hoofbestuurder van Agra Veilings hoe die veiling afgeloop het.