
Ramaphosa gee vandag titelaktes aan opkomende boere - May 22, 2021
President Cyril Ramaphosa gaan vandag titelaktes en grond aan boere by Tafelkop in die Groblersdal-distrik in Limpopo in die buurland oorhandig. Die seremonie is die hoogtepunt van ‘n grondhervormingsproses. Dertig swart boere gaan hulle titelaktes ontvang ná hulle 25 jaar lank die grond suksesvol bewerk het. Hulle verskaf vars produkte aan plaaslike winkels en skoolvoedingskemas, […]
SAL bly in die nuus - May 22, 2021
Die Organisasie Teen Belastinguitbuiting in Suid-Afrika het ‘n voorlegging aan die buurland se Parlement gemaak om te verseker dat die goedgekeurde sakereddingsplan vir die Suid-Afrikaanse lugdiens geïmplimenteer word volgens die voorwaardes wat deur die sukkelende lugredery se krediteure goedgekeur is. Outa se uitvoerende hoof, Wayne Duvenage, sê belastingbetalers moet opdok vir staatsinstansies en sy organisasie […]
Lekker rugby vandag - May 22, 2021
Die naweek se Reënboogbeker Suid-Afrika-wedstryde word in Durban en Johannesburg gespeel. Vanmiddag om eenuur verwelkom die Sharks die Stormers op Kingspark terwyl die Lions en Bulls se kragmeting om half-vier op Ellispark afskop. Die Bulls is na drie oorwinnings eerste op die punteleer. Die Sharks is tweede nadat hulle verlede naweek teen die Bulls verloor […]
Labat Africa kry 75% aandeel in dagga-kweek en verbouingsfasiliteit in Noord Kaap - May 22, 2021
‘n Onderneming wat op die Johannesburgse Effektebeurs genoteer is, Labat Africa, het ‘n 75-persent aandeel in ‘n dagga-kweek- en verbouingsfasiliteit in die Noord-Kaap, Leaf Botanicals, verkry. Die fasiliteit het onlangs ‘n verbouings- en uitvoerlisensie bekom en dit word as ‘n hupstoot vir die wêreld se florerende dagga-ekonomie beskou. Volgens Money Web het Labat Africa ook […]
Daar is 311 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig - May 22, 2021
Daar is 311 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig, met 33 leerlinge,18 gesondheidswerkers 8 studente en 4 onderwysers wat positief getoets het. 60 809 mense is reeds teen Covid-19 ingeënt.
WGO glo meer mense is reeds aan Covid-19 dood - May 22, 2021
Die Wêreldgesondheidsorganisasie het bekendgemaak dat amptelike opnames wat die aantal sterftes toon wat direk of indirek aan die COVID-19-pandemie toegeskryf word, waarskynlik ‘n beduidende ondertelling is. Die WGO voorspel dat COVID-19 reeds die lewens van tussen ses en agt miljoen mense wêreldwyd geëis het. Die WHO het sy jaarlikse World Health Statistics-verslag aangebied en beraam […]
Die Lühl-Delgado tweeling het in die land aangekom - May 22, 2021
Die Lühl-Delgado tweeling het gisteraand in die land aangekom,na ‘n fel regstryd deur hulle ouers Guillermo en Phillip. Die Namibiese Ministerie van Binnelandse Sake, Immigrasie, Veiligheid en Sekuriteit het eenmalige noodreisdokumente aan Paula en Maya Delgado-Lühl uitgereik om Namibië toe te kom. Dit volg 2 maande ná hulle geboorte van ‘n surrogaatmoeder in Suid-Afrika.
Immigrasiedirekteur sê twee paspoorte onwettig - May 21, 2021
Die Namibiese Minister van Binnelandse Sake, Immigrasie, Veiligheid en Sekuriteit maan Namibiërs teen die gebruik van 2 paspoorte. Nehemia Nghishekwa, die Immigrasiedirekteur in die Ministerie, die verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus waarom dit onwettig is om met 2 paspoorte te reis.
Landbou-ekonoom: Verwydering van ‘Rooilyn’ sal ekonomie knou - May 21, 2021
Landbou-ekonoom Dr. Kobus Laubscher het sy reaksie gegee op die Windhoekse Burgemeester Job Amupanda se pleit dat die veterinêre kordonheining in die noorde van Namibië verwyder moet word. Laubscher het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit sal ‘n baie dom besluit van die Namibiese Regering wees om die sogenaamde Rooilyn te verwyder. Hy meen dit […]
Man se verkeerde been geamputeer - May 21, 2021
‘n Hospitaal in Oostenryk het die verkeerde been van ‘n 82-jarige man geamputeer. Die fout is eers twee dae later ontdek toe sy verbande omgeruil is. Volgens internasionale nuusagentskappe het hy berading ontvang en sy volgende operasie gaan binnekort plaasvind.