
Daar is 311 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig - May 22, 2021
Daar is 311 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig, met 33 leerlinge,18 gesondheidswerkers 8 studente en 4 onderwysers wat positief getoets het. 60 809 mense is reeds teen Covid-19 ingeënt.
WGO glo meer mense is reeds aan Covid-19 dood - May 22, 2021
Die Wêreldgesondheidsorganisasie het bekendgemaak dat amptelike opnames wat die aantal sterftes toon wat direk of indirek aan die COVID-19-pandemie toegeskryf word, waarskynlik ‘n beduidende ondertelling is. Die WGO voorspel dat COVID-19 reeds die lewens van tussen ses en agt miljoen mense wêreldwyd geëis het. Die WHO het sy jaarlikse World Health Statistics-verslag aangebied en beraam […]
Die Lühl-Delgado tweeling het in die land aangekom - May 22, 2021
Die Lühl-Delgado tweeling het gisteraand in die land aangekom,na ‘n fel regstryd deur hulle ouers Guillermo en Phillip. Die Namibiese Ministerie van Binnelandse Sake, Immigrasie, Veiligheid en Sekuriteit het eenmalige noodreisdokumente aan Paula en Maya Delgado-Lühl uitgereik om Namibië toe te kom. Dit volg 2 maande ná hulle geboorte van ‘n surrogaatmoeder in Suid-Afrika.
Immigrasiedirekteur sê twee paspoorte onwettig - May 21, 2021
Die Namibiese Minister van Binnelandse Sake, Immigrasie, Veiligheid en Sekuriteit maan Namibiërs teen die gebruik van 2 paspoorte. Nehemia Nghishekwa, die Immigrasiedirekteur in die Ministerie, die verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus waarom dit onwettig is om met 2 paspoorte te reis.
Landbou-ekonoom: Verwydering van ‘Rooilyn’ sal ekonomie knou - May 21, 2021
Landbou-ekonoom Dr. Kobus Laubscher het sy reaksie gegee op die Windhoekse Burgemeester Job Amupanda se pleit dat die veterinêre kordonheining in die noorde van Namibië verwyder moet word. Laubscher het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit sal ‘n baie dom besluit van die Namibiese Regering wees om die sogenaamde Rooilyn te verwyder. Hy meen dit […]
Man se verkeerde been geamputeer - May 21, 2021
‘n Hospitaal in Oostenryk het die verkeerde been van ‘n 82-jarige man geamputeer. Die fout is eers twee dae later ontdek toe sy verbande omgeruil is. Volgens internasionale nuusagentskappe het hy berading ontvang en sy volgende operasie gaan binnekort plaasvind.
Monica Geingos: Stop homofobie - May 21, 2021
Die Eerste Dame van Namibië, Monica Geingos, het op Twitter geskryf die verourderde Wet op Sodomie moet geskrap en homofobie gestop word. Sy skryf die Wet op Sodomie word vir meer as die afgelope 20 jaar nie toegepas nie, want dit skep grondwetlike wrywing met die reg tot privaatheid.
SA: Drie beseer in ontploffing by substasie - May 21, 2021
Nooddienspersoneel in KwaZulu-Natal sê minstens drie mense is beseer tydens ‘n ontploffing by ‘n substasie in Kloof. Die presiese oorsaak van die ontploffing is nog nie bekendgemaak nie omdat owerhede met ondersoeke voortgaan. ER 24 se Woordvoerder, Russel Meiring …
Lady Gaga glo op 19 verkrag - May 21, 2021
Die Amerikaanse bekroonde sangeres Lady Gaga het tydens die 1ste episode van Prins Harry en Oprah se reeks oor geestesgesondheid gesê dat sy op 19 jaar swanger geraak het nadat ‘n musiekvervaardiger haar verkrag het. Sy wil nie sy naam bekend maak nie, berig internasionale media.
Reis met twee paspoorte onwettig - May 21, 2021
Die Namibiese Minister van Binnelandse Sake, Immigrasie, Veiligheid en Sekuriteit maan Namibiërs teen die gebruik van twee paspoorte. Volgens die Ministerie is dit onwettig om met twee paspoorte te reis.