
Frankryk verskerp Covid-riglyne vir reisigers - May 31, 2021
Frankryk het Covid-19-riglyne vir reisigers verskerp om te probeer keer dat die Indiese variant in die land versprei. Net landsburgers en dié van lande van die Europese Unie word toegelaat. Hulle moet vooraf negatief toets en vir sewe dae ná aankoms isoleer.
Gevalle styg in Khomas-streek - May 31, 2021
Die Namibiese Gesondheidsministerie het vandag 408 nuwe Covid-19-gevalle in 13 streke uit 2 234 toetsuitslae aangekondig. Meer gevalle – 58% – is in die Khomas-streek alleen. In die groep is 21 leerders, ses onderwysers, 16 studente en agt gesondheidswerkers. Ses sterfgevalle is in verskillende distrikte aangemeld.
Gigaba terug voor staatskapingskommissie - May 31, 2021
Die gewese Suid-Afrikaanse minister van binnelandse sake, Malusi Gigaba, het bewerings ontken dat hy in die posisie aangestel is om die omstrede Gupta-familie se naturalisasie goed te keur. Dié bewerings is deur Gigaba se vervreemde vrou, Norma Mngoma, gemaak. Gigaba is terug voor die staatskapingskommissie waar hy vrae beantwoord oor bewyse wat deur Mngoma voorgelê […]
Nee vir homoseksualiteit - May 31, 2021
Betogers wat gekant is teen dieselfde geslag-huwelike en die afskaffing van die sodomiewet het by die Zoo Park in Windhoek ‘n gebedsbyeenkoms gehou. Lede van verskillende kerke het byeen gekom om standpunt hieroor in te neem. Pastoor Shirley Magazi van die koalisie van kerke het aan diegene wat homoseksualiteit beoefen, gesê hulle moet weet dat […]
Hof wag vir Bushiri’s uit Malawi - May 31, 2021
Die saak teen die omstrede egpaar, Shepherd Bushiri en sy vrou Mary, is in die hooggeregshof in Pretoria tot November uitgestel, hangende hulle terugkeer uit Malawi. Die twee het in November verlede jaar na hulle geboorteland gevlug nadat hulle in die Pretoria-landdroshof borgtog toegestaan is. Suid-Afrika het gevra dat hulle uitgelewer moet word en daardie […]
Isis-aanvallers slaan toe in DRK - May 31, 2021
Nog minstens 39 mense is vandag in Ituri in die Demokratiese Republiek van Kongo dood ná Isis-aanvallers oornag op twee dorpe toegeslaan het, berig internasionale nuusagentskappe. Die aanvallers is glo lede van die Allied Democratic Forces wat sy ontstaan in Uganda gehad het.
Vissermanne betoog - May 31, 2021
Lede van die Affirmative Repositioning Movement het vandag ‘n groep van meer as 400 vissermanne na die kantore van Cavema Fishing gelei om te eis vir die verwydering van hul vakbondverteenwoordiger, Mathew Lungameni. Lungameni is die voorsitter van die Namibië Verenigde Vissermanne-vereniging. Die betogers maak hul stemme dik …
Mej. Namibië virtueel gekroon - May 31, 2021
Die kroning van Mej. Namibië vind die naweek by die Windhoek Country Club en Casino plaas. Met die nuwe Covid-19-regulasies in plek waar sosiale byeenkomste na 50 mense verminder het, het Kosmos 94.1 Nuus aan die direkteur Conny Maritz gevra hoe die glansfunksie aangebied gaan word sonder om die regulasies te verbreek.
Kawana besoek Angolese vlugtelinge - May 31, 2021
Die Namibiese minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, Albert Kawana, het vandag besoek afgelê by die sowat 3 000 Angolese vlugtelinge. Die Angolese het uit hul land weens die droogte en hongersnood gevlug en kamp nou by Oshifo en Etunda in die Omusati-streek. Kawana is vergesel van sy uitvoerende direkteur, Etienne Maritz, en […]
China mag drie kinders per gesin hê - May 31, 2021
Egpare in China sal voortaan toegelaat word om drie kinders te hê in ‘n poging om die kwessie van die land se ouerwordende bevolking te beredder. Volgens die sensus wat in 2020 gepubliseer is, groei die Chinese bevolking teen die stadigste tempo sedert die sestigerjare. Die land se een-kind-beleid is in 1979 ingestel in ‘n […]