
VN: Tigray-bevolking in Ethiopië benodig voedselhulp - June 2, 2021
Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram sê meer as 90 persent van die Tigray-bevolking in Ethiopië benodig dringend voedselhulp weens die konflik. Die konflik het verlede November ontstaan nadat premier Abiy Ahmed ‘n aanval op magte getrou aan die streek se voormalige regerende party, die Tigray People’s Liberation Front, beveel het, nadat hulle federale weermagbasisse binnedring […]
SAFTU bekommerd oor werkloosheidsyfers - June 2, 2021
Die Suid-Afrikaanse vakbondfederasie SAFTU het sy kommer uitgespreek oor die stygende werkloosheidskoers wat Statistieke Suid-Afrika gister bekendgemaak het. SAFTU sê hy het Statistieke SA se beperkings opgemerk ten opsigte van die berekenings van die Bruto Binnelandse Produk en ekonomiese groei, en die metodologie wat gebruik is om die gevolgtrekkings te bereik. Stats SA het bekendgemaak […]
Hoof van Namibiese Korrektiewe Dienste vaar uit oor sodomie - June 2, 2021
Die kommissaris-generaal van die Namibiese Korrektiewe Dienste, Raphael Hamunyela, is gekant teen die skrap van die sodomiewet. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê korrektiewe dienste is nie in isolasie nie, maar ‘n gemeenskap wat deel is van die Namibiese samelewing. Hy meen gevangenes dieselfde goeie morele en Christelike waardes soos die Namibiese samelewing hê. […]
Direkte Lufthansa-vlug uit Duitsland land op HKIA - June 2, 2021
Die eerste direkte Lufthansa-vlug uit Duitsland het vanoggend ná 20 jaar in Lufthansa-mondering op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako geland. Lufthansa sal in plaas van hul Eurowings in Junie en Julie vlugte tussen Frankfurt en Windhoek vlieg. Daarna in Augustus sal die Lufthansa-groep se nuwe Eurowings Discover-vlugte tussen Frankfurt en Windhoek aanbied.
Skilpad Jonathan (189) wêreld se oudste landdier - June 2, 2021
Jonathan, ‘n reuse-skilpad wat in 1882 op 50-jarige ouderdom van Seychelle na St. Helena gebring is, is op 189 die wêreld se oudste lewende landdier. Hy geniet ‘n rustige lewe saam met sy skilpadvriend, Frederik.
Biden herdenk gevalle soldate - June 1, 2021
Amerikaanse President Biden sê meer as 7 000 Amerikaanse troepe is in die oorloë teen Afghanistan en Irak dood. Hy het op Gedenkdag soldate se nalatenskap en opoffering geloof.
Namibië se werkloosheid soortgelyk as SA - June 1, 2021
Namibië is in ‘n soortgelyke situasie as in Suid-Afrika wat werkloosheid betref. Herbert Jauch, ‘n Namibiese arbeidskenner, sê die engiste verskil is dat Namibië nie op die oomblik onlangse statistieke het nie. Die werkloosheidsyfer in Suid-Afrika het in die eerste kwartaal vanjaar met 0,1 van ‘n persentasiepunt tot 32,6 persent toegeneem, vergeleke met die vierde […]
Strenger rookwetgewing in SA - June 1, 2021
Die Suid-Afrikaanse gesondheidsdepartement sê hulle beywer hulle om strenger rookwetgewing in die buurland te laat instel. Die wetontwerp geniet wye steun onder die mediese gemeenskap, maar moet eers deur komitees goedgekeur word en daarna die kabinet.
Seelewe by Turkse kus bedreig - June 1, 2021
‘n Dik laag sogenaamde seesnot aan die Turkse kus hou ‘n ernstige bedreiging in vir die seelewe, waarsku mariene bioloë. Die organisese snotspul raak al hoe meer namate riool ryk aan voedingstof die see invloei. Volgens internasionale media versmoor die taai stof die visse.
Wes-Kaap brei inenting na platteland uit - June 1, 2021
Die Wes-Kaap het vandag die uitbreiding van sy inentingsveldtog na plattelandse dorpies gevier met die inenting van die alombekende Evita Bezuidenhout. Tannie Evita is vroeër vandag by die Wesbank-gemeenskapssaal op Malmesbury ingeënt. Ons Kaapse korrespondent Fritz Platt is aan die woord.