Raad aanvaar Duitse reparasie aanbod - June 3, 2021

Talle groepe in die Ovaherero- en Nama-gemeenskappe ondersteun nie die ooreenkoms tussen die Namibiese en Duitse regerings nie en meen die fondse moet as reparasies betaal word en ook direk aan die geraakte gemeenskappe oorgedra word. Maar die voorsitter van die Ovaherero/OvaMbanderu en Nama-raad Gerson Katjirua sê hulle aanvaar die aanbod van 19 miljard Namibiese […]

Read More

Versigtig vir misdadigers wat hulle voordoen as polisie - June 3, 2021

Die Erongo polisie het ‘n beroep op lede van die publiek gedoen om versigtig te wees nadat dit aan die lig gekom het dat misdadigers hulle voordoen as lede van die polisie. Inspekteur Ileni Shapumba, die streek se bevelvoerder vir gemeenskapsake het aan nuusagentskappe gesê dat daar Maandag so ‘n voorval plaasgevind het en die […]

Read More

Afbetalingskrediet toon groei vir eerste keer sedert Julie 2019 - June 3, 2021

Meer inligting is bekend oor kredietverlening in April. Terwyl skuldvlakke van veral individue toegeneem het, is dit die eerste keer sedert Julie 2019 wat afbetalingskrediet enige groei getoon het. Op ‘n maandelikse grondslag het dit in April met 0,7 persent gegroei en op ‘n jaargrondslag gemeet, met 0,5 persent. Volgens IJG Securities in die hoofstad, […]

Read More

Jeugwerkloosheid belemmer belegging - June 3, 2021

Reaksie word ontvang op berigte dat jeugwerkloosheid in Suid-Afrika, wat tans op amper 75 persent staan, langtermynbeleggings belemmer. Kenners meen daar is kommer oor misdaad en sosiale uitdagings. Salomo Hei, High Economic Intelligence Investment se navorsingshoof sê Namibië ervaar presies dieselfde probleme…

Read More

Numsa lê looneis voor - June 3, 2021

Loononderhandelings in die buurland duur voort. Die metaalwerkersvakbond Numsa sal vandag sy looneise voorlê aan die metaal- en ingenieursnywerhede se bedingingsraad. Die vakbond vra ‘n algehele verhoging van 15 persent wanneer die huidige ooreenkoms aan die einde van hierdie maand verstryk. Numsa-woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die vakbond vra ook dat alle kwessies wat nog uitstaande […]

Read More

Trump se kommunikasie platform gesluit - June 3, 2021

Donald Trump se privaat kommunikasie platform is permanent gesluit. Volgens sy woordvoerder Jason Miller, was dit net een deel van ‘n breër plan waaraan sy span gewerk het. Die platform, From the Desk of Donald J. Trump, is verlede maand van stapel gestuur nadat hy op tradisionele sosiale media platforms verbied is. Volgens Miller, wag […]

Read More

Amper 90% het nie toilette nie - June 3, 2021

‘n Studie wat deur Development Workship in Windhoek, Karibib, Otjiwarongo, Katima Mulilo, Opuwo en Oshakati uitgevoer is toon dat 88 persent van huise in informele nedersettings geen toilette het nie. ‘n Adviseur vir Development Workshop Stephanie French sê sanitasie het ‘n krisisvlak bereik. Volgens haar het 12 persent van inwoners van die nedersettings toegang tot […]

Read More

Mushara Collection is verkoop - June 3, 2021

Eos Capital het die Mushara Collection naby Etosha Nasionale Park bekom. Ekkehard Friedrich ‘n vennoot by Eos, sê hulle oorweeg dit reeds ‘n geruime tyd om in die toerismesektor te belê.

Read More

Britse tenks ‘n volslae ‘flop’ - June 3, 2021

Die Britse weermag het proeflopies met sy nuwe vloot tenks stopgesit weens kommer oor spoed en veiligheid. Die Ajax gepantserde tenk, wat teen ‘n koste van 66 miljard Namibiese dollar ontwikkel is, het ontwerpfoute wat sy snelheid tot ‘n veilige spoed van slegs 32 kilometer per uur beperk, pleks van die 64 kilometer per uur […]

Read More

Mbandeka moet LPM-aangeleentheid hanteer - June 3, 2021

Die prokureur-generaal Festus Mbandeka sal besluit oor die toekoms van die twee lede van die LPM-party wat uit die Nasionale Raad verwyder is. Gerrit Witbooi en Anseline Beukes is uit die raad verwyder na hulle poste op die Karas Streeksraad gekry het. Die party hou voet by stuk dat die twee partylede wel op beide […]

Read More