
Ongwediva span saam met Unam vir opleiding - May 21, 2021
Die Ongwediva-dorpsraad in samewerking met die Universiteit van Namibië se Ongongo-kampus gaan 10 begunstigdes van Ongwediva kies wat opleiding in landboupraktyke sal ontvang. Hulle sal voedselsekuriteit en armoede-verligting deur volhoubare landbou-praktyke bevorder. Mense wat kan aansoek doen is werklose vroue, mense met gestremdhede, asook pensioenarisse tussen 60 en 75 jaar oud. Jy moet ook spasie […]
Bokke terug by die Kampioenskap - May 21, 2021
Die Springbokke keer terug na die Kampioenskap met twee tuistoetse teen Argentinië in Augustus, voor hulle vertrek op ‘n toer van vier wedstryde in Australasië. Vanjaar se reeks van 12 kragmetings behels twee in Suid-Afrika – albei teen die Pumas – vyf in Australië en vyf in Nieu-Seeland. Suid-Afrika se direkteur van Rugby, Rassie Erasmus, […]
Hage sal nie by NBC intree nie - May 21, 2021
President Hage Geingob het weer beklemtoon dat hy nie tussenbeide sal tree in die staking van die personeel by die nasionale uitsaaier nie. Die NBC se personeel staak nou amper ‘n maand lank en daar is kommer omdat die meerderheid Namibiërs, veral in landelike gebiede staatmaak op die korporasie vir inligting. Geingob sê daar is […]
Hou op om apartheid ens., te blameer! - May 21, 2021
Die IPC-party se Raadslid vir die Walvisbaai Stedelike Kiesafdeling Deriou Benson sê dit is hoog tyd dat die land se leiers ophou om die buiteland, apartheid en oorloë te blameer vir die land se maatskaplike uitdagings en ekonomiese inkrimping. Benson het in die Nasionale Raad gesê dit is onmoontlik om ‘n land te regeer as […]
NSFAF-personeel sê hulle is geboelie - May 21, 2021
Plaaslike media berig dat amptenare van die Namibiese Studente Hulpfonds sê dat hulle geboelie is deur die Ministerie van Hoër Onderwys om beurse aan studente wat by Limkokwing Universiteit in Maleisië studeer, toe te ken. Die instansie is nie plaaslike geakkrediteer nie. Die fonds het ook ‘n beleid om nie beurse toe te ken vir […]
Gauteng-vrou vas omdat sy jok oor kaping - May 21, 2021
Die polisie in Gauteng het ‘n 28-jarige vrou in hegtenis geneem wat na bewering op sosiale media oor ‘n kaping gejok het. Sy staan tereg op aanklagte van meineed, regsverydeling en bedrog. Polisiewoordvoerder Mavela Masondo sê die verdagte het onder eed in ‘n verklaring beskryf hoe haar voertuig Woensdag deur onbekende mans in Mohlakeng in […]
Prins William sê BBC-gedrag skok - May 21, 2021
Die opspraakwekkende onderhoud wat die BBC-joernalis Martin Bashir met Prinses Diana in 1995 gevoer het, is in die nuus, na ‘n ondersoek na die gedrag van Bashir. Luidens ‘n tweede ondersoek deur die Hoërhof Regter Lord Dyson is die eerste ondersoek na Bashir se metodes om die onderhoud te bekom, foutief en die Britse uitsaaier […]
Hondsdol jakkalse wek kommer by Kaapkruis - May 21, 2021
Die Namibiese Ministerie van die Omgewing sal ondersoek instel na ‘n moontlike uitbreking van hondsdolheid na nog ‘n aanval deur ‘n vermoedelik hondsdol jakkals in die Kaapkruis-omgewing. Daar word berig dat die ministerie se Woordvoerder Romeo Muyunda sê owerhede is tans besig met feitebepaling van die gevalle voordat ‘n amptelike uitbreking verklaar kan word. Hy […]
Selfdegeslag-huwelike – uitspraak in 2022 - May 21, 2021
Uitspraak van drie Namibiese Hoërhofregters wat die taak het om te besluit of die Namibiese Grondwet selfdegeslag-huwelike, wat in die buiteland tussen Namibiërs en hul buitelandse eggenote bevestig word, wettig is, is voorbehou en sal op 20 Januarie volgende jaar gelewer word. Regters Esi Schimming-Chase, Hannelie Prinsloo en Orben Sibeya, het die argumente van Senior […]
Biden verwelkom skietstilstand - May 21, 2021
‘n Skietstilstand het 2-uur vanoggend in Israel en Palestina in werking getree. Die ooreenkoms wat as wedersyds en onvoorwaardelik beskryf word, is deur Egipte bemiddel. Die ooreenkoms bring 11 dae se konflik tot ‘n einde en talle Palestyne het fees gevier in die strate van Gaza. Meer as 230 mense is in Gaza dood met […]