
‘SAPS’ vorder met DNS-agterstand - April 26, 2021
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens sê hy maak vordering met die inhaal van die agterstand in DNS-toetsing. Die uitstallings bestuurstelsel is gestaak as gevolg van die miljoene wat na bewering verdwyn het. ‘n Nuwe stelsel is hierdie maand begin, met ongeveer 10 miljoen monsters wat gelaai is. Die polisie se Woordvoerder, Vishnu Naidoo, sê DNS-monsters wat vir […]
Forensiese toetse duur steeds voort na gru-ongeluk in November - April 26, 2021
Die Namibiese polisie is op die oomblik besig met forensiese toetse op van die oorledenes van Vrydagaand se gru-botsing buite Nkurenkuru waarin tien mense dood is in ‘n botsing reg van voor. Die voertuie het tydens die botsing aan die brand geraak en van die insittendes is onherkenbaar verbrand. Nampol se Kavango-Wes misdaad ondersoek koördineerder […]
So staan sake by Nudo - April 26, 2021
Die tussentydse leierskap van die Nudo-party is ontbind tydens ‘n sentrale komitee vergadering wat oor die naweek gehou is. Die party se President Ester Muinjangue het die aankondiging by die vergadering gemaak. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…
WGO sal Vrydag Moderna entstof hersien - April 26, 2021
Die Wêreldgesondheidsorganisasie sal die Moderna entstof op 30 April hersien vir moontlike noodgebruik. Die Woordvoerder van die WGO Christian Lindmeier sê ‘n besluit sal 3 tot 4 dae daarna bekend gemaak word. Die Moderna entstof is die vierde entstof wat deur die WGO hersien word.
Boere kan nou aansoek doen vir subsidies - April 26, 2021
Die Namibiese Ministerie van Landbou sê boere in die Kunene, Erongo en Omusati-streke kan eise in verband met verskeie dienste by hulle naaste landboukantoor indien. Dit sluit in die huur van weiding, bemarking van lewendehawe, lek en voer subsidies en kleinskaalse hidroponiese stelsels vir die produksie van voer. Die subsidie dek die maand van Maart […]
John Kani vereer - April 26, 2021
Die veelbekroonde legendariese Suid-Afrikaanse akteur, regisseur en dramaturg, John Kani, is met die Pragnell Shakespeare-toekenning vereer. Dit is ‘n internasionale toekenning wat elke jaar deur die Shakespeare-instituut aangebied word ter geleentheid van die Shakespeare Verjaarsdagviering-middagete by Stratford-upon-Avon. Dit word vanjaar aanlyn gehou. Kunene and the King deur die 77-jarige Kani is ook onlangs deur die […]
Ondersteun plaaslike produkte - April 26, 2021
eam Namibië wat in 2003 tot standgekom het as ‘n artikel 21 maatskappy sonder winsbejag, het weer ‘n beroep op die Namibiese gemeenskap gedoen om plaaslike besighede, produkte en dienste te ondersteun. Volgens Pieter van Niekerk die voorsitter van Team Namibië is dit van groot belang vir ekonomiese ontwikkeling en volhoubaarheid..
35ste herdenking van Chernobyl-ramp - April 26, 2021
Vandag is die 35ste herdenking van die Chernobyl-kernramp. ‘n Suid-Afrikaanse omgewingsgroep, South African Faith Communities Environmental Institute, sê dit is ook vier jaar sedert die Hooggeregshof in Kaapstad die regering se beoogde kernkragooreenkoms van 1 miljard Namibiese doller onwettig verklaar het. ‘n Woordvoerder van die organisasie, Francesca da Gasparis, sê die stryd duur voort aangesien […]
Rehoboth-boere kla oor veediefstal - April 26, 2021
Boere in en om Rehoboth het met Generaal-Majoor Joseph Shikongo ontmoet. Shikongo, wat tans in beheer is van operasies, het vroeër ook met boere oos van die hoofstad ontmoet. In Rehoboth sê boere dat hulle nie genoegsame bystand ontvang in verband met veediefstal nie en sommige boere sê hulle maak oor en oor melding van […]
Duisende in brandskade vir boere in die Kaap - April 26, 2021
Die vervanging van honderde kilometer omheining is maar ‘n gedeelte van die koste wat boere in die Suid-Kaap moet aangaan om weer aan die gang te kom na weghol-veldbrande. Daar is nou ‘n omgewings-vriendelike oplossing in die vorm van brandbestande heiningpale. Cobus Meiring van die Suid-Kaapse Grondeienaars-vereniging sê die vernuwende idee is gebore tydens ‘n […]