Hardap sak effe na besproeiing by groenskema hervat
Geen van die groot damme het in die afgelope week water gevat nie, volgens die jongste damverslag. Die sentrale damme wat onder andere Windhoek voorsien is altesaam 17,6 persent vol. Swakoppoort staan op 23,5 persent, Von Bach op 23,8 en die Omatako op 2,2 persent. In die suide is Hardap op 16,3 persent na net […]
Nigel van Wyk hoor op 30 Januarie oor Fishrot aanklagte
Die saak waarin Nigel Van Wyk, ‘n beskuldigde in die Fishrot-korrupsiesaak, sekere aanklagte teen hom uitdaag, is in die Windhoekse Hoërhof deur regter David Munsu tot 30 Januarie uitgestel vir uitspraak. Van Wyk het vroeër versoek dat die hof agt van die strafregtelike aanklagte teen hom tersyde stel. Hy daag die aanklaer-generaal, Martha Imalwa, se […]
Hoe hou mens geld in jou bankrekening veilig? So!
Die Omusati-polisie ondersoek ‘n bedrogsaak ná die beweerde diefstal van 1,1 miljoen Namibiese dollar uit ‘n 60-jarige vrou se bankrekening. Volgens NamPol Omusati-streekbevelvoerder, kommissaris Ismael Basson, het die voorval op ‘n ongespesifiseerde tyd tussen Woensdag en Vrydag plaasgevind. Die fondse is uit ‘n Eerste Nasionale Bank-rekening in Outapi onttrek. Kosmos 94. Nuus het gesels met […]
Soektog geloods na ontsnapte Stilfontein-sindikaatbaas
Die polisie in Noordwes het ‘n soektog van stapel gestuur na ‘n voortvlugtige sindikaatbaas, James Neo Tshoaeli, wat as “Tiger” bekendstaan. Hy word gekoppel aan ondergrondse misdade by myne in Stilfontein. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê maksimum hulpbronne is gemobiliseer en beloof aanspreeklikheid vir amptenare wat Tiger se ontsnapping uit aanhouding moontlik gemaak het. Sy sê […]
Straf ouers swaar wat kinders sonder toesig los: oud-ombudsman
‘n Tweejarige dogtertjie is tragies dood na sy en drie ander jong kinders sonder toesig by die huis gelos is deur ouers wat na ‘n shebeen gegaan het. Sy het versmoor na een van die kinders, ‘n gestremde 10-jarige seun, haar mond vol sand geprop het. Dit gebeur gereeld dat kinders alleen by die huis […]
NDP6 op wankelrige voet weens gebrek aan data
Die sesde Nasionale Ontwikkelingsplan sal in April vanjaar bekend gestel word na vertragings. Die plan is ingevolge landswye konsultasies daargestel maar, die konsultasies is voor die amptelike sensus-uitslae gedoen, en nie al die sensus uitslae is bekend nie. Die sogenaamde NDP’s kom gereeld onder skoot omdat teikens nie gehaal word nie. Kosmos 94.1 Nuus met […]
Meatco se ignoreer van kabinetsvoorskrif kan rampspoedig wees
Meatco se direksie het ‘n kabinetsvoorskrif geïgnoreer dat die kontrak van sy uitvoerende hoof, Mwilima Mushokabanji, verleng moet word. Die raad het verlede week aangekondig dat Patrick Liebenberg op 1 Februarie as waarnemende uitvoerende hoof aangestel sal word. Reaksie is van die landboukenner Wallie Roux ontvang oor Meatco se optrede, wat dalk negatiewe gevolge vir […]
PDM stem saam met afstaan van IPC se verkiesinghof-saak
Die IPC se verkiesingsuitdaging in die verkiesingshof sal aangehoor word nadat die hooggeregshof die saak deur die IPC en LPM aangehoor en uitspraak gelewer het. Regter Hannelie Prinsloo het die uitspraak gelewer en het saam met regters Orben Sibeya en Esi Schimming-Chase die aansoek aangehoor. Manuel Ngaringombe, die sekretaris generaal van die PDM, wat die […]
Verdagtes in Gobabis transito-rooftog aangekeer
Die transito-rooftog vanoggend op Gobabis het plaasgevind na ‘n sekuriteitsmaatskappy kontant by die OK opgetel het. Die rowers in ‘n silwer Volkswagen Golf het die transito-voertuig se bande stukkend geskiet en met die geld gevlug. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die polisiebevelvoerder van die Omaheke-streek, kommissaris Heinrich Tjiveze, wat sê verdagtes is aangekeer en die […]
Land sukkel met toenemende hitte, maar niemand knip ‘n oog
Die Meteorologiese Diens het bevestig dat Desember verlede jaar die warmste maand sedert 1991 was, met gereelde hittegolwe. Keetmanshoop het ‘n nuwe rekord maksimum temperatuur van 42,9 grade Celsius aangeteken, en by Gobabis staan die nuwe rekord op 40,4 grade. Kosmos 94.1 Nuus het kommentaar van die plaaslike ekoloog Peter Cunningham gekry, wat sê dit […]