‘Slaptjips’ bedreig SA-aartappelsektor - June 7, 2021

Die uitvoerende hoof van Aartappels SA, Willie Jacobs, sê insetkoste in die aartappelverbouingsektor styg vinniger as wat markpryse toeneem. Dit volg na produsente in die land ‘n ernstige terugslag weens die voortgesette Covid-19-pandemie ondervind het. Dit het ook onlangs aan die lig gekom dat die invoer van aartappelskyfies ‘n bedreiging vir die Suid-Afrikaanse aartappelbedryf inhou.

Read More

Ondersoek na Wes-Kaapse Covid-tenders verwelkom - June 7, 2021

Die DA verwelkom die finalisering van ‘n ondersoek na 34 kontrakte in die Wes-Kaap om produkte vir persoonlike beskerming te verkry. Die kontrakte beloop sowat 184 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Die ondersoekspan het gevind dat van die tenderprosesse gemanipuleer is en dat inligting na ‘n diensverskaffer uitgelek het. Ricardo Mackenzie van die DA sê die Wes-Kaap […]

Read More

Oogkliniek by Sentraal steeds oop - June 7, 2021

Die uitvoerende direkteur van die Namibiese ministerie van gesondheid Ben Nangombe sê alhoewel daar bykomende maatreëls vir die Katutura en Sentraal hospitale in die hoofstad daargestel is, is die gewilde oogkliniek by Sentraal Hospitaal steeds oop en dien dit steeds pasiënte van regoor die land.

Read More

38% van dokters in SA wil emigreer - June 7, 2021

‘n Opname deur die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging, SAMA, toon dat tot 38 persent van dokters beplan om die land te verlaat weens die beoogde instelling van die Nasionale Gesondheidsversekering. Die vereniging verteenwoordig meer as 12 000 dokters. Volgens die opname het die dokters nie vertroue in die regering se finansiële vermoë om die stelsel te […]

Read More

Kora-saak kom weer voor - June 7, 2021

Die Kora-aangeleentheid is weer vanoggend voor Regter Herman Oosthuizen vir ‘n status verhoor. Die saak, wat sedert 2016 sloer, handel oor die mislukte Kora-musiektoekennings wat nooit plaasgevind het nie. Die Namibiese Toerismeraad het die net minder as 24 miljoen Namibiese doller aan die Nigeriese sakeman Ernst Adjovi oorbetaal vir bemarking in aanloop tot die toekennings. […]

Read More

Henties maak ook binnekort skoon - June 7, 2021

Hentiesbaai, nes talle ander dorpe regoor Namibië sal op 26 Junie ‘n groot skoonmaak veldtog op die dorp hou. Inwoners het die afgelope tyd gekla oor vuil strande en oor die toestand in die dorp oor die algemeen. Daleen Agenbach, een van die organiseerders, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Opgeleide onderwysers moet ondersteuning kry - June 7, 2021

‘n Beroep word op die buurland se Openbare Beskermer gedoen om haar vir die regte van studente met nagraadse sertifikate in die onderwys te beywer. Dit volg na verskeie klagtes dat die studente befondsingskema nie meer bereid is om vir onderwysopleiding te betaal nie. Die aktivis Hendrick Makaneta sê boonop weet baie van die studente […]

Read More

N$5,5 miljard vir Lesotho Hoogland-projek - June 7, 2021

Die Trans-Caledon-tonnel-owerheid en die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika het twee leningsooreenkomste van gesamentlik 5,5 miljard Namibiese dollar toegestaan vir die tweede fase van die Lesotho Hoogland-waterprojek in die Vaalrivier-stelsel. Die bank sê die geld sal aangewend word vir die ontwikkeling van infrastruktuur oor ‘n tydperk van 20 jaar en sal water aan boere en gemeenskappe verseker. […]

Read More

Bakleiery na video-speletjie lei tot meswond - June 7, 2021

‘n 20-jarige vrou sal na verwagting vandag in die Outjo-landdroshof verskyn op klagte van poging tot moord. Volgens die Namibiese polisie het sy en haar kêrel by hulle huis in Etoshapoort op die dorp video-speletjies gespeel. Die kêrel het die speletjie verloor en ‘n bakleiery het uitgebreek. Sy het hom na bewering in die rug […]

Read More

Tweede ontsoutingsaanleg is op pad - June 7, 2021

Die Namibiese minister van landbou, water en grondhervorming Calle Schlettwein sê die voorlopige beplanning vir ‘n tweede ontsoutingsaanleg is voltooi en konstruksie sal so vinnig as moontlik begin. Hy was oor die naweek aan die kus en het aan media gesê die aanleg sal ongeveer 35 kilometer noord van Swakopmund opgerig word.

Read More