Vragvervoer neem toe, maar inkomstegaping bestaan steeds - June 9, 2021

Die Internasionale Lugvervoer-vereniging, oftewel IATA, het sy jongste verslag oor die lugvragmark internasionaal en per streek vrygestel. Dit is gebaseer op vervoerdata van April 2021. Afrika se lugvrag het met 30,6 persent in April gestyg in vergelyking met 0,6 persent in dieselfde maand in 2020. Linden Birns, woordvoerder van IATA Sub-Sahara Afrika, het met Kosmos […]

Read More

Pepfar staan huishoudings by - June 9, 2021

Die Amerikaanse regering het sedert Februarie voedselhulp aan meer as 10 000 Namibiese families in droogtegeteisterde gebiede geskenk. Die voedselhulp word deur die Pepfar-program en USAID befonds en is in die vorm van kosbewyse met ‘n totale waarde van meer as ses miljoen Namibiese dollar. Die Amerikaanse ambassade se woordvoerder, Walter Parrs, gee meer besonderhede.

Read More

PDM hou sy eie ‘introspeksie’ konferensie - June 9, 2021

Die Popular Democratic Movement gaan aan die einde van Junie ‘n konferensie hou om die party se prestasies tydens vorige verkiesings te evalueer. PDM het setels in die Nasionale Vergadering gewen, maar setels op streeksvlak verloor. Die sekretaris-generaal, Manuel Ngaringombe, het gesê die konferensie sal vanaf 21 tot 25 Junie plaasvind.

Read More

Hierdie dinosourus was 30 meter lank!!! - June 9, 2021

Australiese wetenskaplikes het ‘n nuwe dinosourus-spesie wat in 2007 ontdek is as die grootste ooit op dié vasteland geklassifiseer. Die Australotitan cooperensis of suidelike titaan is een van die 15 grootste dinosourusse in die wêreld. Kenners sê die titanosourus was tot 6,5 meter hoog en 30 meter lank, wat beteken hy was waarskynlik so lank […]

Read More

Inflasie kniehalter Argentynse beesuitvoere na China - June 9, 2021

Veeboere in Argentinië het betoog omdat die uitvoer van beesvleisprodukte gestaak is. Die land is naas Brasilië, die tweede grootste beesvleis-verskaffer aan China, maar moes uitvoere vir ‘n maand opskort weens inflasie. Die groot vraag vanuit China het blykbaar die vleisvoorraad in Argentinië verminder, wat daartoe gelei het dat pryse met meer as 60 persent […]

Read More

Diana se trourok deel van uitstalling - June 9, 2021

‘n Paar geselekteerde uitrustings van die Britse koninklike familie word as deel van ‘n uitstalling, Royal Style in the Making, by prinses Diana se eertydse huis in die Kensington-paleis in Londen vertoon. Die tentoonstelling wys die werk van ontwerpers en hul koninklike kliënte. Die kurator van die uitstalling, Matthew Storey, sê die middelpunt van die […]

Read More

Skole is Covid-brandpunt, meer as 20 gesluit - June 9, 2021

Meer as 20 skole is gesluit as gevolg van Covid-gevalle en skole word op die oomblik as ‘n brandpunt van die pandemie ge-ag. Die onderwysministerie sê leerders tussen die ouderdomme vyf en 19 maak 17 persent van die gevalle uit terwyl volwassenes tussen 20 en 49 jaar, 62 persent van gevalle uitmaak. Die uitvoerende direkteur […]

Read More

Nuwe wapenwet kan SA-vroue benadeel - June 9, 2021

Die Instituut vir Rasseverhoudings in die buurland waarsku dat die voorgestelde veranderinge aan die Suid-Afrikaanse vuurwapenwette sal ‘n groter risiko vir geslagsgeweld teen vroue inhou. Die woordvoerder van Girls on Fire, Tshepi Mmekwa, het gesê die veranderinge aan die vuurwapenwette sal groot gevolge vir vroue hê. Herman Pretorius, die Instituut vir Rasseverhoudings se woordvoerder, gesels […]

Read More

NIP sê werker peuter met Covid-rekords - June 9, 2021

Die Namibiese Instituut van Patologie het aangekondig dat ‘n personeellid geskors is op die vermoede dat sy met Covid-rekords gepeuter het. Die instituut se hoof uitvoerende beampte Kapena Tjombonde het in ‘n verklaring gesê ‘n interne ondersoek het bevestig dat die vrou haar amp gebruik het om toegang tot die inligtingstelsel te bekom en Covid-rekords […]

Read More

Fishrot: Ysland lewer nie uit nie - June 9, 2021

Plaaslike media berig dat owerhede in Ysland bevestig het dat hulle geen amptenare van die Samherji-vismaatskappy of die wat betrokke was met die Firshrot-skandaal sal uitlewer nie. Die aansoek is vroeër deur die kantoor van die aanklaer-generaal Martha Imalwa bevestig. Luidens die berigte sal die drie uitvoerende hoofde van Samherji, Ingvar Juliusson, Egill Helgi Arnason […]

Read More