
Toerisme op Lüderitz het voor pandemie reeds gesukkel - June 22, 2021
Lüderitz is half vergete in die verlies aan inkomste as gevolg van toerisme in die land. Kosmos 94.1 Nuus het met Marion Schelkle, die bestuurder van Lüderitz Safaris and Tours gepraat. Sy sê die huidige situasie is baie uitdagend…
Mariene-fosfaat: uitspraak uitgestel - June 22, 2021
Uitspraak in die mariene-fosfaat saak sal op 30 Junie in die hoërhof gelewer word. Regter Shafimana Ueitele sal dit na verwagting dan lewer nadat dit uitgestel is. Die saak is deur die konfederasie van Namibiese visvang-verenigings en drie ander partye gebring om die lisensie van Sandpiper Mining om fosfaat te ontgin op te skort. Volgens […]
Dwelms in die boot – saak uitgestel - June 22, 2021
Die Pretoriase Landdroshof het die saak teen drie van die vyf beskuldigdes in ‘n dwelmvonds van 400 miljoen Suid-Afrikaanse rand tot Donderdag uitgestel. Die polisie het vroeër die maand op die N1 in Tshwane op die dwelms beslag gelê. Die vyf word verbind met die ontdekking van 800 kilogram saamgeperste suiwer kokaïen in ‘n boot. […]
Nog lyke sal die naweek veras word - June 22, 2021
Nog onopgeëiste liggame sal die naweek in die hoofstad veras word. Die land se staatslykshuie is tans vol met Covid-sterftes wat toeneem en lyke wat in sommige gevalle reeds vyf jaar wag om opgeëis te word. Stad Windhoek het reeds gehelp om 180 verlede naweek te veras die die proses sal die naweek voortduur, soos […]
Okh het dringend hulp nodig - June 22, 2021
Die privaathospitaal op Okahandja het dringend vrywilligers nodig om hulle by te staan. Die fasiliteit, wat net uit 11 beddens bestaan, is oorvol, nes talle ander regoor die land. Die hospitaal se hoof uitvoerende beampte, Susan de Beer het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Demokrasie is nie vanselfsprekend nie – Obama - June 22, 2021
Die voormalige Amerikaanse president, Barack Obama, sê die stemregkwessie in die VSA is miskien iets waaroor die meeste mense hulle nie bekommer nie, maar die geweld by Capitol Hill is ‘n herinnering dat demokrasie nie as vanselfsprekend aanvaar moet word nie. Obama steun die konserwatiewe senator van die Demokratiese Party vir West-Virginia, Joe Manchin se […]
Outa verwelkom gesprek oor waterregulering - June 22, 2021
Die Suid-Afrikaanse Organisasie teen Belastingmisbruik, Outa, sê hy is bemoedig deur die parlement se bereidwilligheid om die instelling van ‘n onafhanklike waterreguleerder te oorweeg. Nes in Namibië, is waterbesoedeling ‘n groot uitdaging in die buurland. Die voorsitter van die portefeuljekomitee oor menslike nedersettings, water en sanitasie, Rosina Semenya, het Outa en Water Shortage South Africa […]
Studente moet vasbyt - June 22, 2021
Tersiêre studente is byna klaar met hul eerste eksamens en kan binnekort hul uitslae ontvang. Dit is moeilike tye vir studente tydens die Covid-pandemie. Dr. David Namwandi, stigter van die International University of Management, gee ‘n boodskap van hoop aan studente. Hy sê diegene wat dit nie hierdie semester gemaak het nie, moet hul sokkies […]
VN het kommer oor Duterte en menseregte - June 22, 2021
Die Verenigde Nasies se Hoë Kommissaris vir Menseregte, Michelle Bachelet, sê aanspreeklikheid vir menseregteskendings in die Filippyne bly ‘n groot bron van kommer. Minstens 6 117 mense is sedert April vanjaar dood in President Rodrigo Duterte se stryd teen dwelms. Bachelet sê hoewel daar erkenning is vir die onlangse ondersoek wat deur die Departement van […]
WB steun nood vir 400m dosisse entstof vir Afrika - June 22, 2021
Die Wêreldbank sê hy steun graag Afrika-lande om tot 400 miljoen dosisse Covid-19-entstof te bekom deur ‘n vennootskap met die Afrika inentingsverkrygings-taakspan en die Afrika-unie. Die Wêreldbank verwag om teen die einde van die maand inentingsveldtogte in 50 lande te ondersteun, waarvan twee-derdes in Afrika. Die groep-president van die Wêreldbank, David Malpass, sê lande het […]