
Nampol: 19 op Otjiwarongo vas oor oortreding van Covid-regulasies - June 25, 2021
Die Namibiese polisie op Otjiwarongo het 19 mense in verband met die oortreding van die Covid-regulasies in hegtenis geneem. Volgens die polisiewoordvoerder van die Otjozondjupa-streek, inspekteur Maureen Mbeha het die 19 mense partytjie by ‘n huis in die DRC informele nedersetting gehou. Tien van die mense het ook nie maskers gedra nie. Die 19 mense […]
IPPR sluit by Amnestie aan vir inentingsveldtogte - June 25, 2021
Met Suider-Afrikaanse lande wat tans ‘n derde vlaag van die Covid-pandemie ervaar, het Amnestie Internasionaal en 27 ander nie-regeringsorganisasies ‘n beroep op streeksleiers, sakelui, buitelandse regerings en skenkers gedoen om pogings en hulpbronne op te skerp om so gou as moontlik soveel mense in te ent. Die plaaslike Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het ook die […]
Ekonoom sê brandstofprys sal nie groot verandering aanteken nie - June 25, 2021
Terwyl daar groot kommer is oor die Brent ru-oliepryse wat tans rondom 75 Amerikaanse dollar verhandel en moontlik ‘n verhoging in die brandstofprys in Julie kan veroorsaak, sê ekonome dit is nie noodwendig so nie. Volgens die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt, verwag hy nie veel van ‘n verandering nie. Hy verduidelik aan Kosmos 94.1 […]
Nantu spring in by onderwys-inenting - June 25, 2021
Die Namibiese Nasionale Onderwysersunie Nantu, in samewerking met die gesondheidsministerie en die van onderwys het ‘n veldtog van stapel gestuur om alle studente en onderwysers te motiveer om ingeënt te word. Daar is tans ‘n inentingspunt by die sogenaamde Government Office Park in die hoofstad. Nantu se sekretaris-generaal Loide Shaanika sê hulle moes intree en […]
Laat vaar Assange se uitlewering, vra verloofde aan Biden - June 25, 2021
Dit verloofde van die Wikileaks-stigter Julian Assange, het ‘n beroep op President Joe Biden gedoen om hom vry te laat. Stella Morris het aan internasionale nuusagentskappe gesê as die VSA weer die wêreldleier in persvryheid wil wees en die nalatenskap van Donald Trump uiteindelik agter hom wil sit, is dit die enigste opsie. Amerikaanse owerhede […]
Chauvin vandag gevonnis - June 25, 2021
Die oud-polisiebeampte van Minneapolis wat aan die moord op George Floyd skuldig bevind is, word vandag gevonnis. Derek Chauvin het verlede jaar op 20 April nege-en-‘n-half minute lank met sy knie op Floyd se nek gedruk. Hy is skuldig bevind aan moord in die tweede graad, moord in die derde graad en strafbare manslag in […]
Sopkombuise bly van kritiese belang - June 25, 2021
Die voormalige burgemeester van Stad Windhoek, Francina Kahungu, ondersteun nog steeds ‘n voedselkombuis in Namibië. Sedert die Covid-pandemie ‘n realiteit geword het, het lewensomstandighede vir almal moeilik geraak. Sopkombuise versprei kos in verskillende kiesafdelings in Windhoek. Kahungu het ook mense geloof wat help by sopkombuise en doen ‘n beroep op Windhoekers om kos aan sopkombuise […]
Plaaslike houtskool kom in VSA aan - June 25, 2021
Ná ses jaar se oponthoud, het Amerika uiteindelik hul eerste vragte Namibiese houtskool ontvang. Dit is deel van ’n veldtog om houtskool permanent uit te voer na die buiteland. Hulle gaan die houtskool net op spesifieke tye gebruik, soos vir onafhanklikheidsvieringe. Michael Degé, voorsitter van die Namibiese Houtskoolvereniging, sê die Amerikaners is dol oor Namibiese […]
Ongelukke: 66% van eise afgekeur - June 25, 2021
Die Motorvoertuig Ongelukkefonds het 66 persent van die meer as 2 400 eise wat in 2020 by hom ingedien is, verwerp. Die fonds sê dat 24 persent van die verwerpte eise ingedien is deur ongelisensieerde bestuurders en ander het buite die gegewe tydperk geval of was onvoltooid. Tien persent minder eise is in 2020 ontvang […]
Vermiste student se liggaam gevind - June 25, 2021
Die Namibiese polisie in die Kavango Oos-streek ondersoek die dood van Mukuve Kanyange, ‘n 22-jarige eerstejaarstudent aan die Rundu-kampus van die Universiteit van Namibië. Na bewering het hy op 18 Junie na die dorp Mamono naby Mukwe gereis en daarna spoorloos verdwyn. Sy liggaam is in die Okavango-rivier gevind. Hoofinspekteur Elifas Kuwinga het die herstel […]