
Water is baie belangrik - June 27, 2021
Water is ‘n baie belangrike bron van lewe en sonder water sal niks oorleef nie. Die kos wat ons eet benodig water om te oorleef. Die uitvoerende hoof van die Namibiese Kamer van die Omgewing, dr. Chris Brown,verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus hoe belangrik water is.
Allister praat oor sy pos - June 27, 2021
Rugby…Allister Coetzee Namibië se nuwe hoofafrigter het gereageer op sy aanstelling. Hy beskou sy aanstelling as ‘n nuwe tyd en‘n nuwe uitdaging. Hy is verlede week as Namibië se hoofafrigter aangewys. Coetzee die voormalige Springbokafrigter sal ook deeltyds die Italiaanse klub Rovigo afrig.
‘n Aardbewing vanoggend in die suide - June 27, 2021
‘n Aardbewing het vanoggend in die suide van die land in die omgewing van Grunau voorgekom. Dit is ook op Karasburg, Warmbad en Ariamsvlei gevoel. Carina Agenbach woon op Grunau het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Daar was al in 2018 skade bespeur in gebou in Miami wat ineengestort het - June 27, 2021
‘n Amerikaanse ingenieur het groot strukturele skade in 2018 by ‘n blok woonstelle naby Miami, Florida bespeur wat Donderdag ineengestort het. Amerikaanse media berig die raadgewer het oor skade aan die betonblad onder die swembaddek gewaarsku asook talle krake en verkrummeling van pilare, balke en mure van die parkeergarage onder die gebou. Herstelwerk sou uiteindelik […]
Suid-Afrika wag op Ramaphosa se toespraak vanaand - June 27, 2021
Suid-Afrikaners wag op president Cyril Ramaphosa se toespraak vanaand oor die buurland se reaksie op die Covid-19-pandemie. Die Nasonale Gesamentlike Operasionale en Intelligensie-strukture, Natjoints, het reeds vergader om die ontstellende toename in die Delta-variant te bespreek. Die regeringswoordvoerder, Phumla Williams, sê die Nasionale Koronavirusbevelsraad kom vandag byeen. Daarna volg ‘n vergadering van die Presidensiële Koordineringsraad […]
Swendelaars betree suurstofbedryf - June 27, 2021
Plaaslike media berig dat daar ‘n slenter aan die gang is, met swendelaars wat die suurstofbedryf betree het. Volgens berigte word geld inbetaal sonder dat die toerusting gelewer word, terwyl die toerusting wat wel gelewer word ontoereikend is vir die behandeling van Covid-19-pasiënte. Johan Enslin voorsitter van die Grootfontein Boerevereniging en die streeklandbou-unie, maan dat […]
Kaptein van die Britse en Ierse Leeus beseer - June 27, 2021
Rugby: ‘n Besering kan die kaptein van die Britse en Ierse Leeus, Alun Wyn Jones, dalk uit die toer na Suid-Afrika dwing. Die veteraan-slot van Wallis moes die veld vroeg in ‘n opwarmingswedstryd gister teen Japan op Murrayfield verlaat. Hoewel hy sy gewrig vasgehou het, het ‘n boodskap van die Leeus op Twitter gesê die […]
Adjunk-president Mabuza van Suid-Afrika gaan Rusland toe vir mediese konsultasie - June 27, 2021
Adjunk-president David Mabuza van Suid-Afrika gaan Rusland toe vir ‘n mediese konsultasie. Volgens die buurland se presidensie is dit ‘n opvolg konsultasie na mediese konsultasies wat die hy reeds in die Russiese federasie gehad het. Die presidensie het nie uitgewei oor die toestand van die adjunk-president nie.
WGO bekommerd oor toename in Covid-19-gevalle in Afrika - June 27, 2021
Die Wêreld-gesondheidsorganisasie se Afrika-afdeling sê die derde vlaag van die Covid-19-pandemie wat veral uit die Delta-variant bestaan en reeds in 85 lande geïdentifiseer is, is besig om vinnig toe te neem onder bevolkings wat nie ingeënt is nie, en kan die vasteland se ergste word. Koronavirus-gevalle in Afrika het volgens die WGO sedert die aanvang […]
Dr Geingob bring hulde aan wyle ds. Willem Konjore - June 27, 2021
President Hage Geingob het in ‘n huldeblyk aan die ontslape oud-politikus ds. Willem Konjore ,hom beskryf as ‘n man met ‘n groot nalatenskap wat veral onthou sal word vir die manier waarop hy sy diens aan die land en sy mense verrig het. Volgens dr Geingob was sy aksies altyd gebasseer op liefde, en sal […]