
Miami-gebou: Elf dood, 150 steeds vermis - June 29, 2021
Ten minste elf mense is dood en 150 word vermis ná die woonstelgebou in Miami in die VSA verlede week ingetuimel het. Reddingwerkers soek onverpoosd sedert die tragedie ses dae gelede plaasgevind het en sê hulle het steeds nie moed opgegee om meer oorlewendes te vind nie. Meer as 136 mense het die ramp oorleef. […]
DA verwelkom Zuma se tronkstraf - June 29, 2021
Die DA het die Konstitusionele Hof se besluit verwelkom om oudpresident Jacob Zuma weens minagting van die hof tot 15 maande tronkstraf te vonnis. Die partyleier, John Steenhuisen, beskryf vandag se beslissing as ‘n groot oomblik in Suid-Afrika se geskiedenis. Steenhuisen het tydens ‘n mediakonferensie oor die derde Covid-vlaag wat die land teister, die leierskap […]
Woestynleeus van Hoanibrivier beweeg na gebied met meer wild - June 29, 2021
Izak Smit van die Desert Lions Human Relations Aid het terugvoering van die Namibiese omgewingsministerie gekry oor ‘n groep woestynaangepaste leeus in die Hoanibrivier wat tans baie swaar kry. Beamptes van die omgewingsministerie het gaan ondersoek instel en bevestig dat die leeus na ‘n area beweeg het waar meer wild is wat hulle kan jag. […]
Minimumloon-kommissie hou dalk virtuele vergaderings - June 29, 2021
Die minimumloon-kommissie het sy openbare verhore uitgestel wat op 18 Junie op Otjiwarongo en 5 Julie op Swakopmund gehou sou word, maar die voorsitter van die kommissie, dr. Marius Kudumo, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê daar is ‘n moontlikheid dat die openbare verhore virtueel gehou kan word. Volgens die kommissie is die uitstel van […]
Nog meer as 20 000 aktiewe Covid-gevalle in Namibië - June 29, 2021
Die Namibiese gesondheidsministerie het 1 904 nuwe Covid-gevalle uit 4 436 toetsuitslae aangekondig. In die groep is 228 leerders, 65 onderwysers, 42 studente en 38 gesondheidswerkers. Daar is tans 20 178 aktiewe gevalle, waarvan 559 pasiënte in hospitale is en 84 in intensiewesorgeenhede. Altesaam 22 sterfgevalle is in ses distrikte aangemeld.
Sakereddingstaakspan aangestel om besighede tydens pandemie te help - June 29, 2021
President Hage Geingob het ‘n sakereddingstaakspan van elf kundiges aangestel om besighede en werksgeleenthede tydens die Covid-pandemie te beskerm. Die taakspan sal vanaf 1 Julie vir agt maande sake- en insolvensiewetgewing, wette, regulasies en beleide tydens die pandemie hersien en voorstelle maak om besighede te red. Thinus Prinsloo is die voorsitter.
Groot geleenthede vir SA-skoonheidsektor - June 29, 2021
Verbruikers-neigings soos die vraag na multikulturele velsorg- en haarversorgingsprodukte, die oopstel van nuwe uitvoermarkte in Afrika en die ontwikkeling van groener produkte, sal help om die skoonheidsmiddel-sektor in Suid-Afrika te bevorder tydens, sowel as na die Covid-19-pandemie. Dit is volgens die uitvoerende hoof van ‘n toonaangewende vervaardiger van persoonlike versorgingsprodukte, KAS Africa, Vinny Perumal. Sy […]
Noodtoestand – Geingob het NV se toestemming nodig - June 29, 2021
Alle oë is op President Hage Geingob met die huidige maatreëls teen Covid wat môre verval. Terwyl dit nog nie duidelik is wanneer die president die land sal toespreek nie is daar kommer oor strenger inperkings en dalk ‘n tweede noodtoestand, veral met die heersende derde vlaag van infeksies. Maar, Geingob het die parlement se […]
Wimbledon: Anderson teen Djokovic - June 29, 2021
Die Suid-Afrikaner, Kevin Anderson, het ‘n reuse taak om te verrig indien hy verder wil vorder as die tweede ronde van vanjaar se Wimbledon-toernooi by die All England Club. Hy kom teen die wêreld nommer-een en verdedigende kampioen, Novak Djokovic te staan. Djokovic het Jack Draper in vier stelle geklop, terwyl Anderson self vier stelle […]
Minimumloon-kommissie stel twee vergaderings uit - June 29, 2021
Die minimumloon-kommissie het sy openbare verhore wat op 8 Junie in Otjiwarongo en 5 Julie in Swakopmund gehou sou word, uitgestel. Volgens die kommissie is die stap genoodsaak as gevolg van die heersende Covid-infeksies en die huidige maatreëls. Tot dusver is Omaheke, Karas, Zambezi, Kavango Oos, Ohangwena, Oshana en Kunene bedien. Dr. Marius Kudumo, die […]