NDP6 op wankelrige voet weens gebrek aan data
Die sesde Nasionale Ontwikkelingsplan sal in April vanjaar bekend gestel word na vertragings. Die plan is ingevolge landswye konsultasies daargestel maar, die konsultasies is voor die amptelike sensus-uitslae gedoen, en nie al die sensus uitslae is bekend nie. Die sogenaamde NDP’s kom gereeld onder skoot omdat teikens nie gehaal word nie. Kosmos 94.1 Nuus met […]
Meatco se ignoreer van kabinetsvoorskrif kan rampspoedig wees
Meatco se direksie het ‘n kabinetsvoorskrif geïgnoreer dat die kontrak van sy uitvoerende hoof, Mwilima Mushokabanji, verleng moet word. Die raad het verlede week aangekondig dat Patrick Liebenberg op 1 Februarie as waarnemende uitvoerende hoof aangestel sal word. Reaksie is van die landboukenner Wallie Roux ontvang oor Meatco se optrede, wat dalk negatiewe gevolge vir […]
PDM stem saam met afstaan van IPC se verkiesinghof-saak
Die IPC se verkiesingsuitdaging in die verkiesingshof sal aangehoor word nadat die hooggeregshof die saak deur die IPC en LPM aangehoor en uitspraak gelewer het. Regter Hannelie Prinsloo het die uitspraak gelewer en het saam met regters Orben Sibeya en Esi Schimming-Chase die aansoek aangehoor. Manuel Ngaringombe, die sekretaris generaal van die PDM, wat die […]
Verdagtes in Gobabis transito-rooftog aangekeer
Die transito-rooftog vanoggend op Gobabis het plaasgevind na ‘n sekuriteitsmaatskappy kontant by die OK opgetel het. Die rowers in ‘n silwer Volkswagen Golf het die transito-voertuig se bande stukkend geskiet en met die geld gevlug. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die polisiebevelvoerder van die Omaheke-streek, kommissaris Heinrich Tjiveze, wat sê verdagtes is aangekeer en die […]
Land sukkel met toenemende hitte, maar niemand knip ‘n oog
Die Meteorologiese Diens het bevestig dat Desember verlede jaar die warmste maand sedert 1991 was, met gereelde hittegolwe. Keetmanshoop het ‘n nuwe rekord maksimum temperatuur van 42,9 grade Celsius aangeteken, en by Gobabis staan die nuwe rekord op 40,4 grade. Kosmos 94.1 Nuus het kommentaar van die plaaslike ekoloog Peter Cunningham gekry, wat sê dit […]
DA veroordeel transformasiefonds as nuwe belasting
Die DA sê hy veroordeel ten sterkste die aankondiging van die handelminister, Parks Tau, oor die skepping van ‘n transformasiefonds van 100-miljard Suid-Afrikaanse rand, om uitsluitlik swart ondernemings by te staan. Die minister het in antwoord op ‘n parlementêre vraag onthul dit sal befonds word deur bykomende kodes vir breedgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging in die […]
China stel man tereg na moordtog in motor
China het ‘n man tereggestel wat in November 35 mense in ‘n moordtog met ʼn motor doodgery het in die suidelike stad Zhuhai. Dit is die dodelikste massa-aanval in die land in jare. Die 62-jarige Fan Weiqiu het doelbewus met ‘n klein sportnutsvoertuig deur ‘n groep mense gery wat buite ‘n sportkompleks geoefen het, en […]
SA spanne na Europa vir Uitdaagbeker ronde van 16
Rugby: Die Bulle, Haaie en Leeus reis in April na Europa om in die ronde van 16 in die Uitdaagbeker te speel. Die Haaie speel teen Lyon, die Bulle teen Aviron Bayonnais en die Leeus teen Edinburgh. Die Haaie is uit die Kampioenebeker geskakel na ʼn nederlaag van 66-12 teen Bordeaux-Bègles. Die Bulle het vir […]
EU, VN, regering werk saam aan nuwe program
Die Europese Unie, in vennootskap met die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram en die Namibiese regering, het 20 miljoen Namibiese dollar toegewy om die land se pogings om deursigtigheid, aanspreeklikheid en institusionele integriteit te bevorder, te ondersteun. Hierdie inisiatief strook met Namibië se Nasionale Ontwikkelingsplanne en die tweede Harambee welvaartsplan. Ana Beatriz Martins, die EU-ambassadeur in […]
Koning Misuzulu kanselleer troue, dank segsman af
Die Zulu-koning, Misuzulu kaZwelithini, het sy troue met Nomzamo Myeni afgestel wat hierdie naweek sou plaasvind. Hy het in ‘n brief die onttrekking van Myeni se koninklike voordele en sekerheid versoek, met verwysing na redes buite die koningshuis se beheer. Volgens Daily Maverick volg die besluit te midde van bewerings oor Myeni se vorige verhoudings […]