
Opul+ moet produksie verhoog - July 14, 2021
Internasionale nuusagentskappe berig dat die prys van Brent ru-olie vanaf 76 Amerikaanse dollar en 50 sent vandag begin daal het en verhandel het rondom net bo 76 dollar. Daar is vrese dat die vraag na olie sal daal nadat data getoon het China se invoere in die eerste ses maande van die jaar gekrimp het. […]
Ernstige tekorte aan bloedvoorraad - July 14, 2021
Die Namibiese gesondheidsministerie het ‘n dringende versoek aan die publiek gerig om bloed te skenk. Weens Covid-maatreëls en die sluiting van skole en universiteite, was die Bloedoortappingsdiens van Namibië genoodsaak om gereeld skenkingsveldtogte te staak. Dit het gelei tot 50% minder bloedskenkings. Die ministerie het bevestig dit is veilig om bloed te skenk en alle […]
Sien? Oefening kan jou lewe red! - July 14, 2021
Danksy ‘n aanlyn-fiksheidsessie op Zoom is drie verdagtes op kamera vasgevang en op Swakopmund in hegtenis geneem. Gisteroggend omstreeks agt-uur het mans ‘n huis in Agapanthusstraat in die Ocean View-woonbuurt op Swakopmund ingegaan om glo te steel. Na bewering het die verdagtes die bejaarde inwoners van die huis, Riaan Booysen en Elizabeth Rossouw, met ‘n […]
Pandor kom vandag aan - July 14, 2021
Die Suid-Afrikaanse minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Naledi Pandor, kom vanmiddag in Namibië aan om politieke en diplomatieke konsultasies tussen Namibië en Suid-Afrika te hê, het die Namibiese ministerie van internasionale betrekkinge in ‘n mediaverklaring bevestig. Pandor sou gister reeds Namibië toe gekom het, maar haar besoek is weens die onluste in Suid-Afrika tot […]
Aune is bewys dat enigiets moontlik is - July 14, 2021
Aune Angobe, ‘n Namibiër wat net 500 Namibiese dollar gehad het toe sy die eerste keer Suid-Afrika toe gegaan het, gaan vandeesweek haar meestersgraad in molekulêre selbiologie aan die Universiteit van Kaapstad behaal, berig Suid-Afrikaanse media. Sy het ‘n gemiddeld van 95 persent vir haar kursus behaal.
Wes-Kaap: Tot dusver geen geweld of plundery - July 13, 2021
Daar is tot dusver nog geen voorvalle van geweld of plundery in die Wes-Kaap aangemeld nie. Die Wes-Kaapse premier Alan Winde het vroeër vandag met verskeie rolspelers in die Moederstad vergader om die provinsie se reaksieplanne uiteen te sit, vir as die geweld wel na die Wes-Kaap sal oorspoel. Ons Kaapse korrespondent, Fritz Platt, is […]
‘Privaatskole moet nasionale regulasies volg’ - July 13, 2021
Verskeie privaatskole in die Otjozondjupa-streek het die Namibiese onderwysminsiterie genader rakende die nuwe skoolkalender. Hulle wou weet of hulle die ou privaatskoolkalender moet volg, of die nuwe een wat deur die onderwysministerie voorsien is. Hulle het egter nie terugvoering van die onderwysministerie ontvang nie en sal die nuwe kalender van die ministerie volg. Ayesha Wentworth, […]
Namibiese ekonoom: Impak van SA onrus dadelik gevoel - July 13, 2021
Namibië is afhanklik van Suid-Afrika van goedere en met die onrus en plundery, gaan dit ‘n erge impak op Namibiërs se lewens hê. Namibiese ekonoom Salomo Hei van High Economic Intelligence, het gesê Namibiërs gaan onmiddellik die impak voel met die invoer van produkte, veral met goedere wat per pad vanaf Suid-Afrika na Namibië vervoer […]
Botswana raai burgers af om na SA, Eswatini te reis - July 13, 2021
Botswana het sy burgers vandag afgeraai om na Suid-Afrika en Eswatini te reis. Die land se departement van internasionale betrekkinge en samewerking waarsku teen onnodige reise na sommige dele van Suid-Afrika, veral KwaZulu-Natal en Gauteng, weens die voortslepende onrus. Botswana waarsku ook sy burgers in veral Durban en Johannesburg om nie onnodig te reis nie […]
Lufthansa-vlugte tussen Frankfurt en Windhoek gesny - July 13, 2021
Met Namibië wat in Duitsland as ‘n virusvariant-gebied deur die Robert Koch-instituut verklaar is, het die Lufthansa-groep aangekondig dat hul vlugte tussen Frankfurt en Windhoek vanaf vandag van vyf vlugte na drie vlugte per week verminder word. Dr. André Schulz, Lufthansa se bestuurder van Suider- en Oos-Afrika, het in ‘n mediaverklaring gesê vlugte uit Windhoek […]