
Tobie se appèl duur vandag voort - September 10, 2021
Tobie Aupindi en Antonio di Savino se appèlsaak teen hulle skuldigbevinding op ‘n klag van korrups kom vandag voor regters Christie Liebenberg en Herman January en hoofargumente sal behandel word. Aupindi en Di Savino is aan die einde van 2018 skuldig bevind aan klagte van korrupsie nadat die laerhof bevind het dat Da Savino, wat […]
ANC sê “koebaai Carl” - September 10, 2021
Die ANC het Carl Niehaus afgedank nadat hy nie genoegsame redes kon verskaf waarom hy nie moet gaan nie. Dit volg nadat hy gedreig het om namens die ANC-personeel strafregtelike klagte teen die party se top ses aanhangig te maak vir die wanbetaling van salarisse en bydraes tot die Werkloosheidsversekeringsfonds. Hy was werksaam by Luthuli-huis […]
Vandag herdenk ons die voorkoming van selfmoord - September 10, 2021
Namibië se syfers vir selfmoord is die week bekend gestel en daar is plaaslik daardwerklike uitdagings met 745 persone wat hulle eie lewens in die eerste ses maande van die jaar geneem het. In die buurland sê die Suid-Afrikaanse Depressie-en-Angsgroep die Covid-19-pandemie het ‘n styging veroorsaak in versoeke vir sy dienste. Sadag se woordvoerder, Cassey […]
Cyril verwys DA na Bheki oor DNS-agterstand - September 10, 2021
Die DA is woedend nadat President Cyril Ramaphosa hulle glo verwys het na die polisieminister Bheki Cele. Die party het ‘n lêer by die president se kantoor ingedien oor die DNS-agterstand ten opsigte van seksuele misdade. Die DA se woordvoerder vir maatskaplike ontwikkeling in die Wes-Kaap, Gillion Bosman, sê die Presidensie se reaksie doen bitter […]
Suikerprodusente sê meer bystand is nodig na onluste - September 10, 2021
Die Vereniging vir Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekers het die regering se beloofde finansiële bystand verwelkom ná die groot skade wat hulle weens die Julie-onluste in die provinsie gely het. Die voorsitter van die vereniging, Andrew Russell, sê hoewel die hulp bemoedigend is, is dit egter nie naastenby genoeg nie. Meer as 500 000 ton suikerriet is tydens […]
Verkeersboete-amnestie: Stad wag op Stadspolisie - September 10, 2021
Die Windhoek stadsraad wag steeds vir die Stadpolisie se verslag in verband met verkeersoortreders. Die verslag sal volgens berigte die raad bystaan oor die implementering van amnestie vir motoriste met uitstaande boetes. Volgens die burgemeester Job Amupanda moet die kwessie met die aanklaer-generaal bespreek word en die vertragings is frustrerend. Amupanda het vroeër gesê dat […]
Twee keer meer jeug werkloos as volwassenes - September 10, 2021
Die PDM-party se Inna Hengari sê dat twee keer meer jeug werkloos is as volwassenes. Volgens haar is daar ongeveer 576 000 jongmense in die arbeidsmark waarvan net minder as 266 000 werkloos is. Sy sê teen die einde van 2018 het werklose jeug 36 persent van die werkloses in die land uitgemaak. Teen die […]
SA teiken 70% inentings teen Kersfees - September 10, 2021
Die buurland se departement van gesondheid sê Suid-Afrika het genoeg Covid-19-entstof vir die volgende drie maande. Die land het reeds 7 miljoen volwassenes ten volle ingeënt. Die departement se waarnemende direkteur-generaal, Nicholas Crisp, sê hulle sal na verwagting teen die einde van die jaar altesaam 31 miljoen dosisse van die Johnson en Johnson-entstof en meer […]
Gedwonge inentings in VSA aangekondig - September 10, 2021
Die Amerikaanse president, Joe Biden, sê sy arbeidsdepartement is besig om ‘n noodmaatreël op te stel wat vereis dat alle werkgewers met meer as 100 werkers, sal moet toesien dat hulle volledig teen Covid-19 ingeënt word, of minstens een maal per week ‘n negatiewe toets toon. Bykans 80 miljoen Amerikaners is nog nie teen Covid-19 […]
DA gaan hof toe oor Zuma-parool - September 10, 2021
Die DA-leier, John Steenhuisen, sal vandag ‘n aansoek by die Noord-Gautengse Hooggeregshof indien oor die mediese parool wat aan oudpresident Jacob Zuma toegestaan is. Die party wil hê die hof moet die besluit deur die kommissaris van Korrektiewe Dienste, Arthur Fraser, hersien, onwettig verklaar en ter syde stel. Steenhuisen meen Fraser se besluit om Zuma […]