
Ondersoek na alle bloedklont newe-effekte in SA
Suid-Afrika het tydelik die gebruik van die Johnson en Johnson inenting gestaak sodat ondersoek na bloedklonte, wat nie in die buurland voorgekom het nie, ondersoek kan word. Die President van die Suid-Afrikaanse Mediese Raad, Professor Glenda Gray, sê intussen hulle bestudeer tans alle data oor die seldsame bloedklontvorming in die verskillende Covid-19-entstowwe wat beskikbaar is:
Te veel kinders groei-gestremd
Navorsers van die Universiteit van die Vrystaat sê Suid-Afrika is geïdentifiseer as een van die lande met hoë vlakke van verskeie vorme van wanvoeding, wat uitloop op gestremde groei en oorgewig by kinders. ‘n Voedingskenner, Chantelle Whitten, sê om nie dit as wanvoeding te erken nie, kom neer op stadige geweld teen kinders. Sy het […]
Dis goed dat Zuma moet betaal
Benewens die terugbetaling van die regskostes wat die staat namens hom moes aangaan ná sy korrupsieverhoor, gaan die voormalige Suid-Afrikaanse president, Jacob Zuma, ook moet pa staan vir koste op ‘n bestraffende skaal, nadat hy die regters as bevooroordeeld bestempel het. Die Appèlhof het Zuma se appèl teen ‘n beslissing van die Gautengse Hooggeregshof in […]
Covid is groter risiko as entstof
Die Voorsitter van die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte, Professor Helen Rees, sê as die gevaar om aan Covid-19 te sterf, die risiko van ‘n uiters seldsame newe-effek van die inenting oortref, dan is dit steeds die moeite werd om die entstof te ontvang. Suid-Afrika het besluit om die verspreiding van die Johnson en Johnson Covid-19-inentings […]
10 sent op ‘n doller by SME Bank
Plaaslike media berig dat rekeninghouers van die bankrot SME Bank sal 10 sent vir elke doller ontvang. Die Meester van die Hoërhof Elsie Beukes het dit volgens berigte bevestig maar die likwidateurs Dave Bruni en Ian McClaren wou nie kommentaar lewer nie. ‘n Kliënt van die bank het aan plaaslike media gesê hy het befondsing […]
Saak van sodomie by hospitaal ondersoek
Die Namibiese Ministerie van Gesondheid het in ‘n verklaring bevestig dat daar ‘n geval van onsedelike aanranding by die Katutura Hospitaal was en die Uitvoerende Direkteur Ben Nangombe sê dat gepaste stappe geneem is. Hy het bygevoeg dat die polisie, met samewerking van die Geslagsgeweld Beskermingsheenheid, die ondersoek hanteer. Die saak is volgens hom ernstig […]
SA staak eers spuite met J&J
Die Suid-Afrikaanse Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, sê die besluit om die gebruik van Johnson en Johnson se Covid-19-entstof voorlopig op te skort, is nie ligtelik geneem nie. Dit volg na ‘n aanbeveling deur die Amerikaanse Voedsel- en Medisyne-administrasie om die inentingsprogram in die VSA tydelik te staak, na 6 uiters seldsame bloedklontgevalle. Mkhize sê […]
Chauvin was nie geweldadig nie – kenner
‘n Kenner in die gebruik van geweld, Barry Brodd, sê sy gevolgtrekking is dat die polisiebeampte, Derek Chauvin, redelik en objektief was in sy interaksie met George Floyd tydens sy arrestasie. Chauvin ontken aanklagte van tweede- en derdegraadse moord, asook manslag, weens Floyd se dood. Brodd is ‘n getuie vir die verdediging en ook ‘n […]
Geen polio-druppels in voorraad nie
Daar is tans tekorte in die voorraad van polio-entstof in die land as gevolg van onderbrekings in die voorsieningsketting. Die eerste entstof teen die gevreesde siekte, wat bekend is as die polio-druppel en in die eerste 24 uur van ‘n baba se lewe toegedien word, word geraak. ‘n Moeder wat op 3 April geboorte geskenk […]
Karas begin Vrydag ent
Die Karas-streek sal Vrydag 3 500 dosisse entstof ontvang en begin met die inentingsveldtog teen Covid-19. Die streek se Gesondheids Direkteur Sandra !Owoses het aan nuusagentskappe bevestig dat daar ‘n kumulatiewe totaal van 2 860 gevalle van Covid in die streek aangemeld is met 41 sterfgevalle. Sy het haar verbasing uitgespreek dat mense huiwerig is […]