Boelies – onderwysers doen nie hulle werk nie

Die buurland se Onderwysaktivis Hendrick Makaneta sê afknouery in skole word vererger omdat onderwysers nie die plig van sorg nakom soos wat die wet vereis nie. Dit volg nadat ‘n video waarin ‘n skoolmeisie van Limpopo, Lufuno Mavhunga, aangerand word soos ‘n veldbrand versprei het. Lufuno het na wat berig word selfmoord na die insident […]

Read More

Reaksie op aangepasde ‘BIG’

President Hage Geingob is op rekord dat hy gekant is teen ‘n Basiese Inkomstetoelaag vir almal. Hy het ‘n Universele Inkomstetoelaag tydens sy Staatsrede aangekondig wat ‘n kombinasie van die Voedselbank, die voedingskemas en die toelaag vir gemarginaliseerde persone. Rosa Namises, ‘n voorstander van die toelaag het haar reaksie so verwoord.

Read More

17-jarige verskyn vir aanranding van dogtertjie, 5

Die 17-jarige seun wat daarvan aangekla word dat hy ‘n 5-jarige meisie aangerand het en ook die Kinderbeskermings Wet oortree het, het vanoggend in die Outapi Landdroshof verskyn. Hy is in die sorg van ‘n voog vrygelaat. Die landdros, Dephine Mubita het die saak tot 28 Junie uitgestel vir verdere ondersoek en vir die verdagte […]

Read More

Inentings lei tot ekonomiese groei

Martin Kingston van Business for South Africa sê die organisasie is trots om met die regering saam te werk om lewens te beskerm met die plan om teen volgende jaar 40-miljoen mense teen Covid-19 in te ent. Die sakewêreld speel ‘n integrale rol met bystand aan die regering se Covid-19 elektroniese inentings-datastelsel wat die minister […]

Read More

Groen waterstof as energie bron is tops

Reaksie word ontvang op die aankondiging van President Hage Geingob dat die ontwikkeling van groen waterstof energiebronne voorkeur sal geniet en reeds belangstelling van beleggers gelok het. Die energiebron vorm deel van die Harambee Welvaartsplan. Kosmos 94.1 Nuus het met Ted Blom, ‘n Suid-Afrikaanse Energie Kenner gepraat.

Read More

Boelie-slagoffer word môre begrawe

‘n Gedenkdiens word vanoggend in Limpopo gehou vir die 15-jarige Lufuno Mavhungo wat haar eie lewe geneem het nadat sy by die Sekondêre Skool Mbilwa in Sibasa in die provinsie afgeknou is. ‘n Video wat wyd versprei is, wys hoe sy aangerand word terwyl ander kinders die aanvaller aanmoedig. Die meisie wat van die aanval […]

Read More

Spele gaan voort… ons dink so…

Die President van die Tokio Olimpiese Spele Seiko Hasimoto sê Japan is verbind tot ‘n veilige Spele wat wel die somer in die land sal plaasvind. Hy het die aanmerkings gemaak terwyl gevalle van Covid skerp toeneem, veral in stede, regoor Japan. Noodmaatreëls sal in verskeie dele van die land ingestel word om die verspreiding […]

Read More

Soos ‘n wafferse skouperd…

Die Namibiese Saalperdvereniging Sentraalstreek bied op 7 en 8 Mei ‘n Saalperdstreekskou aan op Rolé Equestrian Sentrum se perseel, geleë in Brakwater. Dit is ‘n streekskou en is die voorloper van die groot Nasionale Namibiese Kampioenskapskou wat vanaf 21 tot 23 Oktober plaasvind op dieselfde perseel, met drie verskillende rasverenigings. Karin Schreuder, die Namibiese Saalperdvereniging, […]

Read More

Elektroniese datastelsel vir inentings in SA geopen

Die Suid-Afrikaanse Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, sê die bekendstelling van die Covid-19-elektroniese inentings-datastelsel is ‘n trotse verteenwoordiging van die toekoms van gesondheidsorg in Suid-Afrika onder die Nasionale Gesondheidsversekering. Hy het vanoggend die stelsel vir die registrasie van mense van 60 jaar en ouer amptelik geopen. Dit is deel van die tweede fase van die […]

Read More

Kom help om skoon te maak!

Nadat die Alte Feste deur lede van die Windhoek gemeenskap opgeruim is, het inwoners van Khomasdal besluit dat die bebosde gebied by die Khomas Mediese Sentrum ook opgeruim moet word. Lede van die gemeenskap word uitgenooi om Saterdag oggend om 6-uur aan te sluit. Een van die organiseerders Dieter Maree het met Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More