
Nguesso wil uitdagings aanspreek
Die president van Kongo Brazzaville, Denis Sassou Nguesso, sê hy wil die land se gehawende ekonomie laat herleef nadat dit deur dalende oliepryse getref is. Die 77-jarige is Vrydag ingesweer nadat hy met meer as 88 persent van die stemme in die presidentsverkiesing verlede maand herkies is. Hy wil dit vir beleggers maklik maak om […]
ANC-regering se inentingsplan word geloof
Die private sektor in Suid-Afrika het sy volle steun toegesê vir die nasionale inentingsplan van die buurland se regering. In ‘n virtuele gesprek wat deur Business for SA gehou is, het kenners die bekendstelling van die regering se elektroniese inentingstelsel en die tydelike opskorting van die Johnson & Johnson-entstof bespreek. Die private sektor in die […]
Amerikaners ondersteun Biden se werk
Volgens die jongste PEW-meningsopname meen 59% van Amerikaners President Joe Biden doen goeie werk na byna 100 dae in die Withuis. Net meer as 70% glo volgens die opname die Amerikaanse president doen uitstekend met die verspreiding van Covid-19 entstowwe. Die meningsopname volg nadat die Biden-administrasie omvattende sanksies teen Rusland ingestel het weens beweerde inmenging […]
400 pasiënte verskuif na vuur
Die Gautengse Departement van Gesondheid sê meer as 400 pasiënte is uit die Charlotte Maxeke-akademiese hospitaal in Johannesburg ontruim en na ander hospitale in die provinsie oorgeplaas ná ‘n brand Vrydag by die inrigting uitgebreek het. Die Premier, David Makhura, het aangekondig die hospitaal gaan tydelik vir sewe dae gesluit word om die situasie te […]
Malaria-entstof word getoets
Navorsers van die Jenner-instituut in Brittanje begin later die maand om ‘n entstof teen malaria te toets. Dit is dieselfde groep navorsers wat die Oxford Covid-19 entstof ontwikkel het. Die malaria-entstof sal oor ‘n tydperk van 2 jaar in Afrikalande getoets word. Malaria-behandelings in Namibië is volgens kundiges op die oomblik ‘n uitdaging in die […]
Koningin maak eensame figuur uit by Philip se begrafnis
Prins Philip van Brittanje se begrafnis het wydlopende internasionale media dekking geniet. Sommige van die groot internasionale TV-kanale het die verrigtinge deurlopend regstreeks uitgesaai. Koningin Elizabeth het na ‘n huwelik van 72 jaar alleen in die kapel van die Windsor-kasteel tydens die roudiens gesit. Weens Covid-19 het net 30 begrafnisgangers die geleentheid bygewoon wat veral […]
Geingob bespreek verskeie kwessies met Nguesso
Staatshuis het meer besonderhede bekendgemaak oor president Hage Geingob se besoek aan Kongo Brazzaville vir die inhuldiging van President Denis Sassou Nguesso. Die President en mev. Geingos het die land Vrydag besoek. Volgens die Presidensiële Woordvoerder, Alfredo Hengari het dit die geleentheid geskep vir die staatshoof om wydlopende aspekte van die verhoudinge tussen die twee […]
Nadal uitgeskakel in Monte Carlo
Rafael Nadal sal nog ‘n jaar moet wag vir sy moontlike 12de Monte Carlo-meesterstitel. Hy is deur die Rus Andrey Rublev in die kwarteindronde uitgeskakel. Die Spanjaard het gehoop om die 75ste halfeindstryd van sy loopbaan te behaal, maar hy het die wedstryd met 6-2, 4-6 en 6-2 verloor. Nadal het nou dieselfde paadjie as […]
Dood van S-Afrikaner in Hawaii niks met sy ras uit te waai nie
Die polisie in Honolulu, in Hawaii, het daarop aangedring dat die noodlottige skietery van ‘n Suid-Afrikaanse man niks met sy ras te doen het nie. Die 29-jrige, Lindani Sanele Myeni, wat van KwaZulu-Natal afkomstig is, is in ‘n konfrontasie met die polisie doodgeskiet nadat hulle gereageer het op ‘n 911-oproep van ‘n inbraak. Die polisie […]
SA-variant van Covid loop oop in Brittanje
Bykans 600 mense in Brittanje het nou reeds die Suid-Afrikaanse korona-virus variant opgedoen ná gesondheidsamptenare sowat 650 000 mense getoets het. Die Departement van Openbare Gesondheid in Engeland het dié week nog 56 gevalle aangemeld. Die nuus volg na ‘n korona-virus variant met ‘n dubbele mutasie onlangs in die land aangemeld is ná dit die […]