Swapo moet huwelike uitlos en eerder na homself kyk
Die Huwelikswet van 2024 wat amptelik die erkenning van dieselfde geslag huwelike verbied, insluitend dié wat wettiglik in ander lande uitgevoer is, is in die Staatskoerant gepubliseer. Dit is nou wet, alhoewel nog nie in werking nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Hewat Beukes van die Workers Revolutionary Party gepraat, wat sê dat Swapo bekommerd […]
ANC herstruktureer KZN-leierskap
Die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee het besluit om die leierskap in Gauteng en KwaZulu-Natal te hervorm ná faksiegevegte, insluitend die opvolgdebat. Hierdie besluit is die naweek op ‘n vergadering by die Birchwood-hotel in Boksburg geneem en het ten doel om die party se strukture in dié belangrike provinsies te versterk. Die sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, […]
Mosambiek verloor N$12,3 miljard met onluste
Mosambiek se nuut aangestelde finansminister, Carla Louveira, sê die regering kan sy staatskuld herstruktureer nadat hy meer as 12,3 miljard Namibiese dollar in inkomste verloor het weens onrus ná die verkiesing. Louveira neem kennis van die voortdurende pogings om die ekonomie op te knap. Sy sê die betogings, veroorsaak deur die betwiste verkiesings op 9 […]
Trump ingehuldig, neem eerste aksies op grens
Amerika se 47ste president, Donald Trump, en sy visepresident JD Vance, is ingehuldig in Washington. Trump het na die eedaflegging in sy inhuldigingstoespraak verskeie omstrede kwessies uitgelig en sy uitvoerende bevele verduidelik. Hy het aangekondig dat hy ‘n noodtoestand verklaar op die suidelike grens met Mexiko en miljoene immigrante terugstuur na die lande waarvan hulle […]
Boere kan baie baat by son- en windkrag
Om produksiekoste te verminder en die gevolge van klimaatsverandering te versag, moet boere hernubare energiebronne in die landbou integreer terwyl hulle daarna streef om bedryfsveerkragtigheid en winsgewendheid te handhaaf. Namibië se hernubare energiebronne, wind en sonkrag, het die potensiaal om betekenisvol te wees as dit met oorleg en doeltreffend in die landbousektor gebruik word. Kosmos […]
Minimumloon ‘het 430 000 werke vernietig’
Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê die nasionale minimum loon het ‘n geraamde 430 000 werksgeleenthede vernietig sedert dit in 2019 ingestel is. Die organisasie versoek die Minimumloonkommissie om die loon met 25-persent te sny, wat hy glo tot ‘n half-miljoen werksgeleenthede kan terugbring. Woordvoerder Gabriel Crouse sê 39-persent van werkers verdien nou minder as die […]
Markte verstewig, Bitcoin op nuwe rekord voor Trump-inhuldiging
Europese en Asiese aandelemarkte het verstewig en bitcoin het tot ‘n nuwe hoogtepunt opgeskiet terwyl Donald Trump gereedmaak om weer as die president van die wêreld se grootste ekonomie ingehuldig te word. Bitcoin het ‘n rekordvlak van meer as 109 000 Amerikaanse dollar behaal nadat Trump aangedui het hy gaan die kripto-geldeenheidsektor dereguleer. Voor die […]
Shelton beëindig Monfils se Australiese Ope
Tennis: Die Amerikaner Ben Shelton het die Franse veteraan Gael Monfils uitoorlê om ‘n kwarteind-afspraak beklink met die Italianer Lorenzo Sonego, wat die Amerikaanse tiener Learner Tien, se feëverhaal op die Australiese Ope beëindig het. Die 22-jarige Shelton en Monfils, wat 16-jaar ouer as hy is, het sake hou-vir-hou uitgespook, totdat ʼn poegaai Monfils in […]
Hardap sak effe na besproeiing by groenskema hervat
Geen van die groot damme het in die afgelope week water gevat nie, volgens die jongste damverslag. Die sentrale damme wat onder andere Windhoek voorsien is altesaam 17,6 persent vol. Swakoppoort staan op 23,5 persent, Von Bach op 23,8 en die Omatako op 2,2 persent. In die suide is Hardap op 16,3 persent na net […]
Nigel van Wyk hoor op 30 Januarie oor Fishrot aanklagte
Die saak waarin Nigel Van Wyk, ‘n beskuldigde in die Fishrot-korrupsiesaak, sekere aanklagte teen hom uitdaag, is in die Windhoekse Hoërhof deur regter David Munsu tot 30 Januarie uitgestel vir uitspraak. Van Wyk het vroeër versoek dat die hof agt van die strafregtelike aanklagte teen hom tersyde stel. Hy daag die aanklaer-generaal, Martha Imalwa, se […]