Karas-produsente moet by AMTA aansluit
Die Besturende Direkteur van die Landbou Bemarking en Handel-agentskap, bekend as AMTA, Lucas Lungameni het boere in die Karas-streek gevra om by die agentskap te registreer en sodoende hulle produkte deur AMTA te verkoop. Lungameni sê dit sal die verkoop van hulle produkte vergemaklik en ook boere bystaan oor aanvraag in die mark. Boere in […]
Malusi se eks-vrou getuig later
Die vervreemde vrou van die gewese Suid-Afrikaanse Minister van Binnelandse Sake, Malusi Gigaba, gaan na verwagting later vandag opspraakwekkende getuienis lewer voor die staatskapingskommissie. Norma Mngoma se verskyning volg nadat Gigaba misluk het met pogings om haar getuienis ontoelaatbaar te laat verklaar, of haar agter geslote deure te laat getuig. Sy het in die verlede […]
Eskom verkoop onderbenutte bates
Eskom het twee geboue in die land aan die Departement Menslike Nedersettings, Water en Sanitasie verkoop om universiteit-studente se behuisings-behoeftes te probeer verlig en ook vir maatskaplike behuising voorsiening te maak. Woordvoerder Sikonathi Mantshantsha sê die verkoop van die twee hoë geboue in Kimberley en Johannesburg het 76,1 miljoen Namibiese doller vir Eskom verseker. Mantshantsha […]
Wright skietdood – dit kon nie op ‘n slegter tyd gebeur het nie
Die Burgemeester van die Amerikaanse stad Brooklyn Center, Mike Elliott, het beloof om alles in sy vermoë te doen om geregtigheid vir Daunte Wright te verseker. Die polisie het hom in Minnesota doodgeskiet toe hulle sy voertuig afgetrek het. Polisiehoof Tim Gannon sê die betrokke geregsdienaar het per ongeluk haar vuurwapen uitgehaal in plaas van […]
Sprinkane in Oshikoto onder beheer
Groot swerms sprinkane het hulle verskyning in die noorde van die land gemaak en daar is kommer in die Ohangwena-streek. Die Ministerie van Landbou het daadwerklike aksie geneem en onmiddellik begin met plaagbeheer. Die Hoof Landbou Beampte vir die Oshikoto-streek Joshua Mwanyengapo het die jongste so deurgegee aan Kosmos 94.1 Nuus.
Skare-befondsing vir rugby kyk?
SA Rugby oorweeg volgens berigte skare-befondsing as ‘n moontlikheid om geld in te samel vir Covid-19 entstof, in ’n poging om seker te maak toeskouers kan die Britse en Ierse Leeus se toetse teen die Springbokke bywoon. Verlede maand is bevestig dat die toer soos beplan in Julie sal voortgaan. Die President van SA Rugby, […]
Kavango olieboordery – sê jou sê
ReconAfrica het sy voorlopige verslag oor die seismiese opname in die Kavango-streke afgehandel en die dokument is beskikbaar vir insette van lede van die publiek. Die Namibiese Ministerie van Omgewingsake het bevestig dat die Omgewingsimpak studie sowel as die voorlopige omgewing bestuursplan reeds ingedien is. Die dokumente moet goedgekeur word voordat enige verdere opnames in […]
Floyd se dood nie dwelms nie
Gewelddadige betogings het in die voorstad Brooklynpark in Minneapolis in die Amerikaanse staat Minnesota uitgebreek nadat ‘n swart man se voertuig gestop en hy deur ‘n polisiebeampte doodgeskiet is. Die jongste voorval was minder as 20 kilometer vanwaar ‘n ander polisiebeampte, Derek Chauvin, teregstaan vir tweedegraadse moord ná die dood van George Floyd verlede jaar. […]
Gevriesde kwotas dra niks by nie
Fishcor hou ‘n veiling van 5 000 metrieke ton stokvis, op ‘n gevriesde kwota basis. Die maatskappy wil volgens berigte 60 miljoen Namibiese doller met die kwota verdien om operasionele kostes te dek. Maar, die verkoop van gevriesde kwotas hou geen voordeel vir Namibië in nie omdat die vis gevang word en direk van die […]
24% van xenofobiese aanvalle in 2020
Die Instituut vir Sekerheidstudies in Suid-Afrika het bevind dat 24 persent van xenofobiese aanvalle wat sedert 2013 in Suid-Afrika aangemeld is, die afgelope 12 maande voorgekom het. Onlangse aanvalle op buitelanders het veral in Durban voorgekom waar talle winkels geplunder en met petrolbomme aan die brand gesteek is. Die instituut sê die regering se nasionale […]