UDF onbeïndruk met Garoëb se NNN-ondersteuning
Reaksie word ontvang op die koning van die Damara-gemeenskap, Justus Garoëb, ’n veteraanpolitikus en stigter van die United Democratic Front, wat geskaar het by vise-president Netumbo Nandi-Ndaitwah, die regerende Swapo-party se presidentskandidaat. Hy sê dat hy ‘n vroulike staatshoof in sy leeftyd wil sien, en dat dit tyd geword het dat dit gebeur. Reaksie is […]
Gauteng verloor 35% van sy gelewerde water
Die onderbreking van watervoorsiening in Gauteng is die gevolg van stygende vraag en mislukkings van verouderende infrastruktuur. Die Departement van Water en Sanitasie het saam met die provinsiale regering en Rand Water besonderhede verstrek oor uitdagings met watervoorsiening in die provinsie. Die verslag van die departement toon Johannesburg verloor 35-persent van sy gelewerde water weens […]
Kremlin ontken Putin en Trump het gesels
Die Kremlin ontken berigte dat Amerika se gekose president Donald Trump verlede week per telefoon met president Vladimir Putin gepraat en hom gewaarsku het om nie die oorlog in Oekraïne te vererger nie. Volgens die Washington Post het Trump tydens die oproep vir Putin herinner aan Washington se groot militêre teenwoordigheid in Europa. Die koerant […]
Jamie Oliver onttrek sy boek in Australië
Die bekende sjef, Jamie Oliver, het sy nuwe kinderboek van die rakke onttrek na besware dat dit inheemse Australiërs stereotipeer. Die fantasieroman, Billy and the Epic Escape, handel oor ʼn Australiese inboorling-meisie met geheime kragte wat in pleegsorg is, wat uit haar huis in sentraal-Australië ontvoer word. Volgens die uitgewer, Penguin Random House UK, het […]
Bitcoin nou die 8ste waardevolste bate
Bitcoin het silwer verbygesteek en is tans die agtste waardevolste bate in die wêreld met ‘n totale waarde van 1,8 triljoen Amerikaanse dollar. Die huidige top-tien vertoon tans so, in triljoen Amerikaanse dollar. Goud op 17,6 triljoen dollar, Nvidia op 3,6, Apple met 3,4, Microsoft op 3,1, Alphabet met ‘n waarde van 2,2 triljoen Amerikaanse […]
Ruud klop Alcaraz
Die sesde gekeurde Casper Ruud het die Wimbledon-kampioen, Carlos Alcaraz, verslae gelaat in hul openingswedstryd van die ATP-jaareindtoernooi in Turyn, Italië. Die Noorweër het die Spanjaard afgeransel in die John Newcombe-groep en sy 50ste sege van die seisoen behaal. Die Duitser, Alexander Zverev wat sy derde trofee by ʼn ATP-jaareindtoernooi wil opraap, het Andrey Rublev […]
BRICS kan tot voordeel van Namibië wees
Die Rusland-Afrika Vennootskapsforum het gedurende die naweek in Sochi plaasgevind waar Rusland bande met Afrikalande wou versterk. Op die kantlyn van die forum was Russia Today gasheer vir Namibië se internasionale betrekkinge minister, Peya Mushelenga. Mushelenga het Rusland se betrokkenheid by Namibië se mynbedryf uiteengesit.
Koolstofkrediete deurgevoer by COP29
Diplomate het die groenlig gegee vir sleutelreëls wat die handel van koolstofkrediete reguleer op die eerste dag van COP29 in Azerbeidjan. Dit het ‘n jarelange dooiepunt verbreek en baan die weg vir ryk lande om vir goedkoop klimaataksie in die buiteland te betaal, terwyl duur emissiebesnoeiings tuis vertraag word. Die ooreenkoms sal na verwagting duidelikheid […]
Spaza-winkels: SA-regering moenie reguleer nie, eerder saamwerk
Kopanang Africa Against Xenophobia is gekant teen die regering se uitgebreide plan om informele handelaars te reguleer, wat nou straatverkopers saam met spaza-winkels teiken. Die groep beweer die ingryping kan moontlik armoede kriminaliseer en ignoreer die grondoorsake van werkloosheid en ekonomiese ongelykheid. Woordvoerder Dorothy Mabelebele glo die regering moet met handelaars saamwerk om oplossings te […]
China se Stealth-verdediging binnekort bekend
China onthul dié week ‘n nuwe Stealth-vegvliegtuig en aanvalshommeltuie, en ontleders en mededingende magte is op die uitkyk vir seldsame leidrade oor die ontwikkeling van Beijing se militêre toerusting. Die land se noue bande met Moskou sal ook op ‘n lugskou in die suidelike stad Zhuhai te sien wees, waar Beijing se burgerlike en militêre […]