Harambe-Oyetu-gemeenskapstuin kyk ook na vis, hoenders

Visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah het ‘n 20-hektaar gewasse- en groente-gemeenskapstuin in Outjo ingewy, wat na verwagting ‘n sleutelspeler in die Kunene-streek se landbousektor sal wees. Die Harambe-Oyetu-gemeenskapstuin sal ingevolge die Groenskemabeleid op ‘n kommersiële grondslag bedryf word. Ndaitwah sê die regering staan vas agter sulke inisiatiewe en erken hul deurslaggewende rol in voedselsekerheid en werkskepping deur […]

Read More

UDM onthul 10-punt plan vir Oos-Kaap ontwikkeling

Die leier van die United Demographic Movement en premierskandidaat vir die Oos-Kaap, Bantu Holomisa, het naas sy nasionale manifes ook ‘n omvattende tien-punt plan vir die provinsie voorgelê. Sleutel-inisiatiewe sluit in die vestiging van provinsiale eenheid om inklusiwiteit te bevorder en plaaslike talent te steun, voorkeur te gee aan ekonomiese diversifisering, instandhouding van infrastruktuur, vermindering […]

Read More

Trump val weer regter, aanklaer in New York-saak aan

Republikeinse presidentskandidaat Donald Trump het weer die regter en aanklaer in sy New York-kriminele verhoor aangeval. Hy het by ‘n verkiesing-saamtrek in New Jersey die distriksprokureur Alvin Bragg se voorkoms bespot en gesê die verskillende aanklagte wat hy in die gesig staar, is politieke vervolging. “Vet Alvin, korrupte ou,” het Trump gesê, wat teregstaan op […]

Read More

VRK seges vir Leeus, Bulle, maar Haaie val vas

Rugby: Die Leeus het hulle hoop op ‘n Verenigde Rugbykampioenskap uitspeelwedstryd verhoog met ‘n bonuspunt-oorwinning teen Cardiff in Johannesburg. Die sege van 34-13 beteken die Leeus het die gaping tussen hulle en Benetton, wat agtste geplaas is, met vier punte vernou. Die Italianers het ‘n groot opskudding veroorsaak deur die Haaie in Durban met 25-24 […]

Read More

Nujoma se nalatenskap geëer op 95ste verjaarsdag

Die stigterspresident van Namibië, Sam Nujoma, vier vandag sy 95ste verjaardag. Nujoma het in 1990 Namibië se eerste demokraties verkose president geword en het vir drie termyne gedien nadat hy die land tot onafhanklikheid gelei het ná dekades se bevrydingstryd. Kosmos 94.1 Nuus het met politieke leiers gesels oor Nujoma en sy nalatenskap.

Read More

Polisie-honde snuffel oorlewende uit onder puin in George-ramp

Die Wes-Kaapse polisie sê hulle snuffelhonde, Abbey en Lex, het reddingswerkers gister gelei na die oorlewende onder die puin van die ineengestorte gebou in George. Adjudant-offisier Willie Visser en sy hond Abbey se broodnodige aanduiding van lewe is bevestig deur Lex en hanteerder adjudant-offisier Riaan le Roux. Die 33-jarige teellêer Gabriel Guambe het 116 uur […]

Read More

Eurovision skors Nederland se Joost Klein

Die Nederlandse deelnemer Joost Klein is uit die Eurovision-kompetisie geskors ná ‘n vroulike lid van die produksiespan ‘n klagte ingedien het, het die Europese Uitsaaiunie gesê. Die unie, wat die geleentheid reël, het ‘n dag vroeër gesê hy ondersoek ‘n voorval waarby Klein betrokke is. Klein se liedjie “Europapa” het hom oorspronklik een van die […]

Read More

Hoofafrigter Moreeng verlaat Proteas-vroue na 11 jaar

Krieket: Hilton Moreeng het sy pos as hoofafrigter van die Proteas-vroue na langer as ‘n dekade ontruim. Hy het in 2013 oorgeneem en het die span verlede jaar gevoer tot die eindstryd van die Wêreldbeker in Suid-Afrika, asook twee Eendag Wêreldbeker-halfeindstryde en twee T20 Wêreldbeker-halfeindstryde. Volgens Moreeng was dit ‘n voorreg om so ‘n groep […]

Read More

Beheer Angola-grens ‘beter om brandstofsmokkelary te stop’

Energie-minister Tom Alweendo gee toe dat die regering sukkel om brandstofsmokkelary in die noorde van Namibië te stuit. Dit is weens die aard van die grens tussen Namibië en Angola, het hy gesê tydens ‘n raadplegende vergadering met die Namibië Plaaslike Besigheidsvereniging, Naloba. Naloba se visepresident, Kanu Amadhila, sê baie van sy lede in die […]

Read More

Ras, geslag en onderwys dryf SA inkomste-ongelykheid

‘n Studie deur Statistieke Suid-Afrika het uitgelig hoe inkomste-ongelykheid in Suid-Afrika gedryf word deur faktore soos ouderdom, ras, geslag en opvoeding. Die ontleding, gebaseer op data van die Kwartaallikse Arbeidsmagopname, toon demografies skerp teenstrydighede in verdienste. Ouer wit mans met tersiêre kwalifikasies, veral in Gauteng, is geneig om die hoogste inkomste te verdien. Intussen worstel […]

Read More