LP’s stry oor die woord ‘dom’
Verrigtinge in die Nasionale Vergadering is vanmiddag weer in chaos gedompel toe lede van die huis, wat debat moes voer oor die Namibiese Inkomste-agentskap die reëls van die huis oortree het en mekaar begin beledig het. Dit het begin met Henny Seibeb van die Grondlose Mense Beweging wat die Minister van Arbeid Utoni Nujoma dom […]
VSA skenk vir SA Covid-stryd
Covid-19 bestrydingspogings in Suid-Afrika sal ‘n finansiële inspuiting van 45 miljoen Namibiese doller ontvang vanaf die Amerikaanse regering. Dit is volgens die Amerikaanse Chargé d’Affaires, Todd Haskell, wat verduidelik die VSA en Right to Care gaan saamwerk. Die geld is ter ondersteuning van die aflewering van entstowwe en fondse vir ‘n oproep-sentrum. Die skenking volg […]
NHE ondersoek klagtes deur bestuur
Die Voorsitter van die Namibiese Behuisingsonderneming Sam Shivute sê hy het die skrywe van die bestuur van die maatskappy ontvang en stel tans ondersoek in. Die bestuur meen dat sou stelsels nie dringend aangepas word nie, sal die onderneming groot uitdagings beleef en kan moontlik geen toekoms hê nie. Die bestuur by die NHE soos […]
Landbou moet aanpas meen kenner
Verbruikers het oor die afgelope paar jaar, en ook sedert die begin van die pandemie, talle gewoontes verander en aangepas en druk neem toe op produsente en vervaardigers om aan sekere standaarde te voldoen. Die jongste navorsing toon dat verbruikers wil weet waar die produk verbou of vervaardig is, wat sy presiese inhoud is, en […]
James Bond-plakkaat word opgeveil
A baie skaars plakkaat van die 1965 James Bond rolprent Thunderball sal môre opgeveil word en daar word verwag dat dit ten minste 16 000 Amerikaanse doller kan behaal. Die plakkaat wys vier prente van Sean Connery, of saam met meisies in min klere of besig om met skelms te baklei. Ewbank in Londen sal […]
Cenored gesels met Okh-besighede
Cenored het met die Okahandja sakegemeenskap ontmoet om die strategiese plan vir die volgende 5 jaar onder die loep te neem. Charlie Matengu, Cenored se Skakelbeampte het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat..
Bekommerd oor openbare besteding? Maak so!
Met oudit verslae wat tans in die nuus is, het Kosmos 94.1 Nuus met die Ouditeur-Generaal Junias Kandjeke gesels oor wat die burgerlike gemeenskap of instansies kan doen om meer betrokke te raak by openbare besteding en onreëlmatighede aanmeld. Kandjeke het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Mediese raad sal ook Oshakati-verpleërs ondersoek
Die Namibiese Raad vir Gesondheidsberoepe het aangekondig dat hy self ondersoek sal instel in die gedrag van verpleegsters in Oshakati. ‘n Video is versprei waar verpleegsters ‘n bejaarde pasiënt klap en om hom vloek en op ‘n stadium lê die pasiënt ook op die vloer. Die raad se Registrateur Cornelius Weylulu sê hulle het die […]
Angola skenk ook vir sy burgers
Daar word berig dat Angolese owerhede 50 sakke 10 kilogram mieliemeel by Etunda in die Omusati-streek aan Angolese vlugtelinge voorsien het. Die Goewerneur, Erginus Endjala sê hy was onbewus van die skenking maar dat die bystand vir die amper 800 kwesbare vroue, kinders en oumense, welkom is. Endjala het bygevoeg dat van die mense reeds […]
Saara sê oor Troika
Die Eerste Minister Dr Saara Kuugongewla Amadhila sê Namibië sal sy volle ondersteuning gee aan die Troika-beraad wat vandag in Maputo, Mosambiek gehou word. Die Troika, onder die vaandel van die SAOG, sal die onlangse terreur aanval in daardie land bespreek. Kuugongelwa Amadhila sê samewerking vir vooruitgang, stabiliteit en vrede is in almal se belang