Saara sê oor Troika
Die Eerste Minister Dr Saara Kuugongewla Amadhila sê Namibië sal sy volle ondersteuning gee aan die Troika-beraad wat vandag in Maputo, Mosambiek gehou word. Die Troika, onder die vaandel van die SAOG, sal die onlangse terreur aanval in daardie land bespreek. Kuugongelwa Amadhila sê samewerking vir vooruitgang, stabiliteit en vrede is in almal se belang
TB-voorkoming vorder, stadig
Sedert 2018, het net minder as 51 000 Namibiërs die TB Voorkomingsterapie voltooi. Net meer as 87 500 pasiënte het in dieselfde jaar die terapie begin. Die Adjunkminister van Gesondheid Ester Muinjangue het die syfers bekend gemaak. Die terapie word gebruik om infeksie te voorkom, veral in pasiënte met swak immuunstelsels en pasiënte wat MIV-positief […]
SA studente hou vol met eise oor skuld
Studente betogings in Suid-Afrika duur voort en vanoggend het leerders by die Mangosuthu Universiteit van Tegnologie hoofroetes versper en bande aan die brand gesteek. Volgens die jongste berigte eis hulle dat hulle skuld afgeskryf word. Dr Manyane Makua, die waarnemende Adjunk Visekanselier vir Onderrig by die universiteit het met die media gepraat…
Namibiese vrouespan is tops
Die Sekretaris-Generaal van die Namibiese Sokkervereniging Franco Cosmos het gereageer op die oorwinning van die nasionale vroue sokkerspan, die Brave Gladiators oor die Angolese vroue in die hoofstad.
GERD: Uganda staan by Egipte
Uganda het ‘n militêre intelligensie ooreenkoms met Egipte onderteken as gevolg van toenemende spanning tussen Egipte en Etiopië wat deur die sogenaamde Grand Renaissance-dam veroorsaak word. Die dam, wat hidro-elektriseit op die Nyl sal opwek, is reeds jare lank ‘n kwelpunt met Soedan wat ook sy kommer uitgespreek het oor die watervlakke wat onder die […]
Eskom prysstyging sal plaaslik pryse opwaarts stoot
Die 15 persent verhoging wat deur Eskom in Suid-Afrika bekom is sal ook ‘n wesenlike impak op Namibië hê. Die buurland se Nasionale Energiereguleerder het vroeër ingestem tot Eskom se versoek vir ‘n verhoging van meer as 15 persent. Dit sal die kragvoorsiener in staat stel om nagenoeg 10 miljard Namibiese doller van kraggebruikers, wat […]
Geingob oorweeg nog forensiese oudit
Dit is nog nie duidelik of President Hage Geingob ‘n forensiese oudit na die sake van die Ministerie van Verdediging en August 26 Holdings sal las of nie. Die voormalige Minister van Verdediging Peter Vilho het Geingob gevra om die oudit te doen om hom te vrywaar van die aantygings teen hom. Die president se […]
18 TB-gevalle maandeliks by een Kaapse Rooikruis-kinderhospitaal
Covid het dalk ander siektes oorheers maar hulle kom nog voor. Die meeste gevalle van kinder-TB in Kaapstad word by gemeenskapsklinieke behandel, maar sommige kinders benodig binnepasiëntesorg weens die erns van hul siekte. In 2020 is 217 kinders met die siekte gediagnoseer en ‘n gemiddeld van 18 gevalle per maand is in die Rooikruis-kinderhospitaal behandel. […]
Plant jou winter gewasse
Kleinskaalse en stedelike boere word aangemoedig om winter-gewasse te verbou in ‘n poging om voedselsekerheid te verstek. Gilbert Mulonda, die Bestuurder vir Akkerbou en Tuinbou by die Namibiese Akkerbouraad het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…
Etosha-heining vorder goed
Herstelwerk aan die heining van die Etosha Nasionale Park is deur die Covid-pandemie onderbreek en baie min personeel was toegelaat om op die perseel die herstelwerk te doen. Die Minister, Pohamba Shifeta sê hy is wel tevrede met die vordering wat gemaak is…